Îlots des Apôtres
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Îlots des Apôtres of Îles des Apôtres (Aposteleilande) is omtrent 15 km noordoos van Île aux Cochons geleë. Dit is deel van die Westelike groep (Frans: L'Occidental) van die Crozeteilandgroep, 105 km Noordwes van Île de la Possession. Dit bestaan uit 'n klein groep rif en loodregte eilande. Die hoofeilande is Grande Île (2 km2) en Petite Île (1 km2). Grande Île is 3 km lank. Die belangrikste klein eilandjies en rotse is: le Donjon, l'Obélisque, le Hangar, l'Enclume, le Caillou, la Grande Aiguille et la Petite Aiguille, le Rocher Percé, le Rocher Fendu, le Rocher Nord en le Rocher Sud.
Die styl kushange maak toegang vanuit die see byna onmoontlik en die eilande is dus baie selde deur mense besoek en daar is geen uitheemse dierspesies nie. Die eilande is dus grootliks in ongerepte toestand. Die hoogste punt is Mont Pierre (290 meter) op Grande Île.
Engelse en Amerikaanse Robjagters het die eilande in die 19de eeu die naam the Apostles gegee as gevolg van die bestaan van 12 hoof eilandjies. Lesquin gee dit in 1825 die naam les Sauvages.
Ten minste 25 voëlspesies broei op die eilande insluitend ses spesies Malmok (Albatros).
[wysig] Eksterne skakels
|
![]() |
---|---|
Îlots des Apôtres | Île aux Cochons | Île de l'Est | Île des Pingouins | Île de la Possession |