Aktuaris
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Aktuaris is 'n persoon wie se werks-, studie- of navorsingsveld aktuariële wetenskap is. Aktuarisse is gewoonlik besigheids profesionele wat met finansiële risikos werk.
[wysig] Professie
Suid-Afrikaanse aktuarisse is gewoonlik genote van die Aktuariële Genootskap van Suid Afrika. Die meeste is ook genote van die Institute of Actuaries in London of van die Faculty of Actuaries in Edinburgh.
[wysig] Werk
Aktuarisse werk gewoonlik by:
- Lewensversekeraars
- Konsultante
- Kort-termyn versekeraars
en ook soms by:
- die staatsdiens
- universiteite