Squamata
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Squamata (reptiele met skubbe) is die grootste orde van reptiele, insluitende akkedisse en slange. Lede van die orde word aan hul vel gekenmerk, wat horingagtige skubbe dra. Hulle besit ook die kwadraadbeen, wat dit moontlik maak on die boonste kaak afsonderlik van die breinskedel te beweeg. Dit is veral sigbaar by slange, wat hul kake ontkoppel om groot prooi te verorber.