12 September
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
12 September is die 255ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (256ste in skrikkeljare). Daar volg nog 110 dae.
Aug - September - Okt | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1683 - Die beleg van Wene deur die Ottomaanse Ryk word gebreek deur die aankoms van 'n mag van 30 000 Poolse, Oostenrykse en Duitse troepe onder leiding van die Poolse koning Jan Sobieski.
- 1848 – Na 'n burgeroorlog tussen die Switserse Konfederasie en die afgeskeide "Sonderbund" konserwatiewe-, katolieke-, bergkantons kom die moderne Switserland tot stand as 'n bondstaat deur die aanname van 'n federale grondwet.
- 1933 - Leó Szilárd, dink die grondslag van die kern-kettingreaksie uit terwyl hy by 'n verkeerslig in Bloomsbury wag.
- 1974 - Haile Selassie, laaste Keiser van Etiopië, word deur 'n militêre staatsgreep ontmagtig.
- 1980 - Militêre staatsgreep in Turkye.
- 1990 – Met die ondertekening van die Twee-Plus-Vier-Verdrag in Moskou word die weg gebaan vir die Duitse hervereniging.
[wysig] Geboortes
- 1913 - Jesse Owens, Amerikaanse atleet.
[wysig] Sterftes
- 1977 – (In polisie-aanhouding) Steve Biko Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die swart bewussynsbeweging.
- 2003 - Johnny Cash (71), Amerikaanse country-sanger.
[wysig] Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Nasionale Dag in die Kaap Verdiese Eilande