Afrikaanse Wielewaal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Oriolus auratus
Die Afrikaanse wielewaal is 'n skaars somerstandvoël.
Inhoud |
[wysig] Identifikasie
Die mannetjie is die geelste onder die wielewale, met 'n duidelike swart streep wat deur sy oë tot by sy oordekvere strek. Jonges het ook 'n swart oogstreep. Die wyfie is nie so helder soos die mannetjie nie, met 'n groener rugkant en 'n bleker onderkant.
24 cm
[wysig] Habitat
Kom oral in goed ontwikkelde boomveld of oewerbos voor.
[wysig] Verspreiding
Kom in Suid-Afrika slegs in die noordelike gedeeltes van die Krugerwildtuin en Limpopo-provinsie voor. Verder strek die verspreiding oor die noordelike deel van Mosambiek, die hele Zimbabwe, die noord-oostelike Botswana, die Kaprivi-strook en noordelike deel van Namibië
[wysig] Geluid
Hul helder fluite "wiee-er-er-woel" of "fiee-joee-fiee-joee-fiee-joee" is langer as die swartkopwielewaal s'n.
[wysig] Ander name
African Golden Oriole
Oriolus auratus
[wysig] Bronne
Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826