Cheetahs (Vrystaat Rugby)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Cheetahs, ook bekend as die Vrystaat Cheetahs, is die sentrale streek-rugbyspan, saamgestel uit Vrystaat, Griekwaland-Wes en Noord-Vrystaatse Griffons, wat aan die Super14-kompetisie deelneem. Die unie staan onder beheer van Vrystaat Cheetahs (Edms) Beperk.
Die Vodacom Cheetahs het in die elf jaar tot 2006 sewe keer onder die top4 in die Curriebeker-reeks geëindig en in die vier ander seisoene was hulle vyfde. In vier jaar (1997, 2004, 2005 en 2006) speel die span in die eindstryd om die Curriebeker. OP 14 Oktober 2006 word die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein op die Cheetahs se tuisveld teen die Blou Bulle beslis. Dit is slegs die tweede keer dat die Cheetahs besit van die Curriebeker verdedig, nadat dit op verdienstelike wyse in 2005 op die Blou Bulle se tuisveld verower is.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Die Vrystaat Rugby-unie is op 27 Maart 1895 gestig. Die unie het hom in die meer as 'n eeu op alle vlakke in Suid-Afrikaanse rugby deeglik laat geld en as een van die Top5 in die land gevestig. Hierdie aanspraak word gebaseer op prestasie, grootte van ondersteuningsnetwerk en algemene standhoudende impak op Suid-Afrikaanse rugby.
Vrystaat-rugby word gevoed deur sy kragtige junior rugby van skool- tot onder 21-vlak. Daarbenewens beskik die VRU oor uitstekende studente-rugby, waarvan die Shimlas van die Vrystaatse Universiteit eervol vermeld moet word.
[wysig] Stadion
Vodacompark in Bloemfontein - wat vir rugby en sokker gebruik word - bied sitplek aan tussen 38 000 en 40 000 toeskouers. Dié stadion word opgradeer om teen 2007 met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 in Suid-Afrika topgehalte huisvesting te lewer. 'n Nuwe hoofpaviljoen sal aan die westekant van die stadion teen nagenoeg R40,8 miljoen gebou word. (In 1985 het omvangryke verbeteringe aan die paviljoen sowat R3,84 miljoen beloop.) By voltooiing sal tot 50 000 toeskouers in die stadion gehuisves kan word. Die spreiligte sal tot 1 500 lux (ligeenheid) verbeter word en die stadion word ook toegerus met 'n nood-kragsentrale.
[wysig] Spelers
Verskeie legendariese individue het oor die Unie se bestaanstydperk die S A rugbytoneel versier.
- Springbokspelers
- Skeidsregters
- Bestuurders
- Afrigters
[wysig] Bron
Webblad van die Vrystaat Cheetahs