Desjima
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Desjima (ook Dejima of Decima; op ou prente word die eiland soms Schisma genoem) was 'n klein kunsmatige eilandjie in die hawe van Nagasaki in Japan. Die eilandjie was van 1641 tot 1859 'n Nederlandse handelspos wat onder leiding van 'n opperhoof van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gestaan het.
Alhoewel daar al sedert 1600 kontak was tussen die Nederlanders en Japan, het die handelsverhouding teen 1641 gedreig om ten gronde te gaan. Die shogun het nie die opdringerigheid van die Europeërs vertrou nie, waarvan sommige, by name die Portugese, al langer in Japan aanwesig was. Die pogings van die Jesuïete, gesteun deur Spanjaarde en Portugese, om die Japannese te bekeer, was veral vir hom ‘n doring in die vlees, aangesien die bekeerde daimyo's versetgebiede gevorm het. Hy was veral bevrees oor die feit dat hulle ‘n ander (wêreldse) 'leier' as hulle opperhoof beskou het: die hoof van die Vatikaan, die pous.
Hy het daarom aan alle buitelanders die bevel gegee om hulle eie huise aan die brand te steek. Die Nederlanders het dit sonder teëspraak gedoen (die enigstes) en het hom vriendelik by die rokende puinhope ingewag met die vraag hoe hulle dan nou die naderende winter moes deurkom. As gevolg van hierdie optrede was hulle die enigste buitelanders wat hy toegelaat het om te bly. Verder het hulle ook ‘n rol gespeel in die stryd van die shogun teen die Japannese Christene. Daar was wel streng beperkings: Die Nederlanders moes op Desjima gaan woon, en hulle kontak met die Japannese is tot die noodsaaklike minimum beperk.
In die hele tydperk tot 1853 was Desjima die enigste punt van kontak van die keiserryk met die buitewêreld. Daar is altyd slegs ‘n beperkte aantal (20) Nederlanders op die eiland toegelaat en behalwe een jaarlikse besoek aan die shogun in Edo (vandag Tokio) mag hulle nie die eilandjie verlaat het nie. Bowendien het daar ongeveer 200 sogenoemde dwarskijkers op die eiland gewoon, mense wat die die gevaarlike barbare in hulle gate moes hou.
Hoewel die Nederlandse handelspos met sy handelsmonopolie vir die VOC besonder winsgewend was, is Japan ook baie aan Desjima verskuldig. Die Nederlandse skepe het boeke en ander inligting na Japan gebring wat die land in staat gestel het om meer oor die buitewêreld, en in die besonder die ontwikkelende Europese wetenskap, te leer. Die Japanners, waarvan sowat 70% tot 80% geletterd was, het ywerig Rangaku beoefen, ‘n soort 'Nederlandkunde' waarvolgens duisende Nederlandse boeke vertaal en versprei is. Die vertaalde boeke het gretig aftrek in die geïsoleerde Japan gekry.
Die aanwesigheid van die Nederlanders het ook die plaaslike kultuur beïnvloed. In straatfeeste in die stad Nagasaki word afbeeldings van die Nederlandse skepe, kompleet met rooi-wit-blou, rondgedra. Verder het Nagasaki ‘n pretpark, Huis ten Bosch, met Nederland as onderwerp.
Met verloop van tyd het die oorspronklike Desjima byna geheel en al verdwyn; deur drooglegging is dit al lank nie meer ‘n eilandjie nie en die ou geboue is grotendeels gesloop. Na aanleiding van die herdenking van die 400 jaar oue betrekkinge tussen Nederland en Japan in die jaar 2000 is daar egter ‘n projek van stapel gestuur om die eiland weer in geheel na sy ou staat te restoreer. Inmiddels is enkele van die geboue op ware skaal gerekonstrueer en dien tans as museums.
[wysig] Lys van opperhoofde van Desjima tydens die bewind van die VOC
- 1609-1613 Jacques Specx
- 1613-1614 Hendrik Brouwer
- 1614-1621 Jacques Specx (2e periode)
- 1621-1623 Leonard Camps
- 1623-1632 Cornelis van Neyenrode
- 1632-1633 Pieter van Santen
- 1633-1638 Nicolaas Koeckebakker (Couckebacker)
- 1639-1640 François Caron
- 1641 Maximiliaan le Maire
- 1641-1642 Jan van Elserack
- 1642-1643 Pieter Anthonisz. Overtwater
- 1643-1644 Jan van Elserack (2e periode)
- 1644-1645 Pieter Anthonisz. Overtwater (2e periode)
- 1645-1646 Reinier van 't Zum
- 1646-1647 Willem Verstegen
- 1647-1648 Frederik Coyett
- 1648-1649 Dirk Snoek
- 1649-1650 Anthony van Brouckhorst
- 1650-1651 Pieter Sterthenius
- 1651-1652 Adriaan van der Burgh
- 1652-1653 Frederik Coyett (2e periode)
- 1653-1654 Gabriel Happart
- 1654-1655 Leonard Winnincx
- 1655-1656 Johannes Bouchelion
- 1656-1657 Zacharias Wagenaer
- 1657-1658 Johannes Bouchelion (2e periode)
- 1658-1659 Zacharias Wagenaer (2e periode)
- 1659-1660 Johannes Bouchelion (3e periode)
- 1660-1661 Hendrik Indijk
- 1661-1662 Dirk van Lier
- 1662-1663 Hendrik Indijk (2e periode)
- 1663-1664 Willem Volger
- 1664-1665 Jacob Gruijs
- 1665-1666 Willem Volger (2e periode)
- 1666-1667 Daniël Six
- 1667-1668 Constantijn Ranst de jonge
- 1668-1669 Daniël Six (2e periode)
- 1669-1670 François de Haze
- 1670-1671 Martinus Caesar
- 1671-1672 Johannes Camphuys
- 1672-1673 Martinus Caesar (2e periode)
- 1673-1674 Johannes Camphuys (2e periode)
- 1674-1675 Martinus Caesar (3e periode)
- 1675-1676 Johannes Camphuys (3e periode)
- 1676-1677 Dirk de Haas
- 1677-1678 Albert Brevinck
- 1678-1679 Dirk de Haas (2e periode)
- 1679-1680 Albert Brevinck (2e periode)
- 1680-1681 Isaac van Schinne
- 1681-1682 Hendrik Cansius
- 1682-1683 Andreas (Andries) Cleijer
- 1683-1684 Constantijn Ranst de jonge (2e periode)
- 1684 Johannes Besselman
- 1685-1686 Hendrik van Buytenhem
- 1686-1687 Andreas (Andries) Cleijer (2e periode)
- 1687-1688 Hendrik van Buytenhem (2e periode)
- 1688-1689 Cornelis van Outhoorn
- 1689-1690 Balthasar Sweers
- 1690-1691 Hendrik van Buytenhem (3e periode)
- 1691-1692 Cornelis van Outhoorn (2e periode)
- 1692-1693 Hendrik van Buytenhem (4e periode)
- 1693-1694 Gerrit de Heere
- 1694-1695 Hendrik Dijkman
- 1695-1696 Cornelis van Outhoorn (3e periode)
- 1696-1697 Hendrik Dijkman (2e periode)
- 1697-1698 Pieter de Vos
- 1698-1699 Hendrik Dijkman (3e periode)
- 1699-1700 Pieter de Vos (2e periode)
- 1700-1701 Hendrik Dijkman (4e periode)
- 1701-1702 Abraham Douglas
- 1702-1703 Ferdinand de Groot
- 1703-1704 Gideon Tant
- 1704-1705 Ferdinand de Groot (2e periode)
- 1705-1706 Hermanus Mensing
- 1706-1707 Ferdinand de Groot (3e periode)
- 1707-1708 Hermanus Mensing (2e periode)
- 1708-1709 Gaspar van Mansdale
- 1709-1710 Hermanus Mensing (3e periode)
- 1710-1711 Nicolaas Joan van Hoorn
- 1711-1712 Cornelis Lardijn
- 1712-1713 Nicolaas Joan van Hoorn (2e periode)
- 1713-1714 Cornelis Lardijn (2e periode)
- 1714-1715 Nicolaas Joan van Hoorn (3e periode)
- 1715-1716 Gideon Boudaen
- 1716-1717 Joan Aouwer
- 1717-1718 Christiaan van Vrijbergen
- 1718-1719 Joan Aouwer (2e periode)
- 1719-1720 Christiaan van Vrijbergen (2e periode)
- 1720-1721 Roelof Diodati
- 1721-1722 Hendrik Durven
- 1723 Hendrik Durven (2e periode)
- 1723-1725 Johannes Thedens
- 1725-1726 Johannes de Hartog(h)
- 1726-1727 Pieter Boekesteyn
- 1727-1728 Abraham Minnendonk
- 1728-1729 Pieter Boekesteyn (2e periode)
- 1729-1730 Abraham Minnendonk (2e periode)
- 1730-1731 Pieter Boekesteyn (3e periode)
- 1732-1733 Hendrik van der Bell
- 1733-1734 Rogier de Laver
- 1734-1735 David Drinkman
- 1735-1736 Bernardus Coop à Groen
- 1736-1737 Jan van Cruys(se)
- 1737-1739 Gerardus Bernardus Visscher
- 1739-1740 Thomas van Rhee
- 1740-1741 Jacob van der Waeyen
- 1741-1742 Thomas van Rhee (2e periode)
- 1742-1743 Jacob van der Waeyen (2e periode)
- 1743-1744 David Brouwer
- 1744-1745 Jacob van der Waeyen (3e periode)
- 1745-1746 Jan Louis de Win
- 1746-1747 Jacob Balde
- 1747-1748 Jan Louis de Win (2e periode)
- 1748-1749 Jacob Balde (2e periode)
- 1749-1750 Hendrik van Homoet
- 1750-1751 Abraham van Suchtelen
- 1751-1752 Hendrik van Homoet (2e periode)
- 1752-1753 David Boelen
- 1753-1754 Hendrik van Homoet (3e periode)
- 1754-1755 David Boelen (2e periode)
- 1755-1756 Herbert Vermeulen
- 1756-1757 David Boelen (3e periode)
- 1757-1759 Herbert Vermeulen (2e periode)
- 1759-1760 Johannes Reynouts
- 1760-1761 Marten Huysvoorn
- 1761-1762 Johannes Reynouts (2e periode)
- 1762-1763 Frederik Willem Wineke
- 1763-1764 Jan Crans
- 1764-1765 Frederik Willem Wineke (2e periode)
- 1765-1766 Jan Crans (2e periode)
- 1766-1767 Herman Christiaan Kastens
- 1767-1769 Jan Crans (3e periode)
- 1769 Herman Christiaan Kastens (2e periode)
- 1769-1770 Olphert Elias
- 1770-1771 Daniel Armenault
- 1771-1772 Arend Willem Feith
- 1772-1773 Daniel Armenault (2e periode)
- 1773-1774 Arend Willem Feith (2e periode)
- 1774-1775 Daniel Armenault (3e periode)
- 1775-1776 Arend Willem Feith (3e periode)
- 1776-1777 Hendrik Godfried Duurkoop
- 1777-1779 Arend Willem Feith (4e periode)
- 1779-1780 Isaac Titsing
- 1780-1781 Arend Willem Feith (5e periode)
- 1781-1782 Isaac Titsing (2e periode)
- 1783-1784 Hendrik Casper Romberg
- 1783-1784 Isaac Titsing (3e periode)
- 1785-1786 Johan Frederik baron van Reede tot de Parkeler
- 1786-1787 Hendrik Casper Romberg (2e periode)
- 1787-1789 Johan Frederik baron van Reede tot de Parkeler (2e periode)
- 1789-1790 Hendrik Casper Romberg (3e periode)
- 1790-1791 Hendrik Andries Ulps
- 1791-1792 Petrus Theodorus Chassé
- 1792-1799 Gijsbert Hemmy