Griekwaland-Wes
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Griekwaland-Wes is 'n streek in Sentraal-Suid-Afrika, wat nou deel uitmaak van die provinsie Noord-Kaap. Die gebied is oorspronklik deur die Griekwas bewoon.
Griekwaland-Wes het in 1873 'n Britse kolonie geword, met Kimberley as sy hoofstad. In 1880 is die gebied deur die kolonie Kaap die Goeie Hoop geannekseer. Met die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het Griekwaland-Wes 'n deel van die Kaapprovinsie geword, maar het nog steeds sy eie "provinsiale" sportspanne behou.