Kallie Knoetze
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kallie Knoetze is 'n voormalige swaargewig bokskampioen van Suid-Afrika.
Nikolaas Jacobus Knoetze is op 24 April 1953 in Roodepoort gebore. Hy het in die 1970's homself in Pretoria gevestig, en in Boomstraat geoefen vir sy aanslag op die Suid-Afrikaanse swaargewig titel. Sy grootpraterige aard het hom gou die bynaam "Die Bek van Boomstraat" besorg.
Knoetze het in 1976 sy loopbaan as 'n professionele bokser begin. Sy grootste oomblik was toe om die vakante wêreldtitel op 2 Junie 1979 teen John Tate van die VSA baklei het. Knoetze het in die 8ste rondte op 'n tegniege uitklophou verloor.
Knoetze het in 1977 swaargewig kampioen van Suid-Afrika geword, met sy aartsvyande in die kryt Gerrie Coetzee, Mike Schutte en Jimmy Abbott. Knoetze het op 27 July 1981 uitgetree, met 'n rekord van 27 gevegte, 21 oorwinnings (waarvan 20 uitklophoue) en 6 keer verloor.