Lys van psigiatriese geneesmiddel-ingrepe
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die volgende is 'n lys van moontlike psigiatriese geneesmiddel-ingrepe. Die generiese name van betrokke geneesmiddels word gebruik, in plaas van handelsname, om dit wêreldwyd toepaslik te maak.
[wysig] Angsteëwerende middels
[wysig] Benzodiasepiene
Benzodiasepiene word in drie groepe geklassifiseer: kort-, tussen kort-en-langwerkend, en langwerkend. Die kragtigheid van die middel hang af van die middel en die middel se metabolietprodukte vir benzodiasepien-reseptors. Benewens angsverligting, help die meeste ook met slaap, en het hulle ook spierverslapping en antikonvulsiewe werking.
[wysig] Kortwerkend
- midazolam
- triazolam
[wysig] Tussenkort-en-langwerkend
- alprazolam
- bromazepam
- estazolam
- halazepam
- lorazepam
- oksazepam
- temazepam
[wysig] Langwerkend
- chloordiazepoksied
- clobazam
- clonazepam
- clorazepiensuur
- diazepam
- flurazepam
- nitrazepam
- kwazepam
[wysig] Ander middels
[wysig] Antidepressante
- paroksetien
- venlafaksien
[wysig] Ander
- hidroksisien
- buspiroon
- fenobarbitoon
[wysig] Antidepressante
Antidepressante verhoog psigomotor-aktitiwiteit voordat die verlaagde gemoed opgehef word. Sommige antidepressante is toksies in oordosis. Verskillende klasse antidepressante kan versigtig gekombineer word, en versterking deur middel van die toevoeging van middels anders as antidepressante kan toegepas word in die geval van weerstandige depressiewe versteuring. Kinders en tieners is 'n risikogroep vir verhoogde selfmoordgedagtes, en aggressiwiteit, wanneer hulle antidepressante gebruik.
[wysig] Selektiewe serotonienheropnameblokkeerders
Selektiewe serotonienheropnameblokkeerders (SSHOBs) mag nie so effektief wees vir weerstandige depressie as die trisikliese antidepressante nie. Dit skyn of vroue beter reageer op SSHOBs as mans, en beter wanneer hulle nog premenopousaal is.
- sitalopram
- essitalopram
- fluoksetien
- fluvoksamien
- paroksetien
- sertralien
[wysig] Noradrenalien-dopamienheropnameblokkeerder
Die noradrenalien-dopamienheropnameblokkeerder skyn 'n laer ommeswaai na maniese toestande as ander antidepressante te hê. Dit kom ook voor of dit vroeër energie en dryfkrag verhoog.
- bupropioon
[wysig] Selektiewe serotonien-noradrenalienheropnameblokkeerder
Dit kom voor asof post-menopousale vroue beter vaar op die selektiewe serotonien-noradrenalienheropnameblokkeerder as op SSHOBs. Dit mag ook wees dat hierdie middel 'n vroeëre werkingsaanvang het, en hoër herstelgetalle het as van die ander antidepressante.
- venlafaksien
- duloksetien
[wysig] Serotonien-2 antagoniste/heropnameblokkeerders
Die beste navorsing tans oor hoe voordelig die kombinasie van psigoterapie en 'n antidepressant is, is werk wat oor psigoterapie en nefazodoon gedoen is. Ongelukkig is Nefazodoon van die mark afgehaal in Suid-Afrika weens potensiële newe-effekte.
- Nefazodoon
- Trazodoon
[wysig] Noradrenalien/Spesifieke serotonerge antidepressante
- mirtazapien
[wysig] Nie-selektiewe sikliese antidepressante
- amitriptilien
- klomipramien
- desipramien
- doksepien
- imipramien
- nortriptilien
- protriptilien
- trimipramien
[wysig] Mono-amienoksidaseblokkeerders
- isokarboksasied
- fenelsien
- tranielsiklopramien
[wysig] Omkeerbare blokkeerder van mono-amienoksidase A
[wysig] Antipsigotika
Benewens hul antipsigotiese effek, het hierdie middels ook die voordeel dat 'n mens nie van hulle afhanklik kan word nie, en dat hulle nie die bewussyn diep onderdruk selfs met hoë dosisse nie. Dit skyn simptome soos hallusinasies, wane, versteurde affek, outisme, en gedagtevormversteurings teë te werk.
[wysig] "Konvensionele" antipsigotika
- butirofenone
- haloperidol
- droperidol
- dibenzoxasepien
- loksapien
- etomien
- dihidro-indoloon
- molindoon
- difenielbutielpiperidien
- pimosied
- alifatiese fenotiasiene
- chloorpromasien
- metotrimeprasien
- trifluoperasien
- piperasiene
- flufenasien
- perfenasien
- tioproperasien
- trifluoperasien
- piperidiene
- pipotiasien
- mesoridasien
- percyasien
- tioridasien
- tioxantene
- zuclopentieksol
- flupentieksol
[wysig] "Tweede generasie" atipiese antipsigotika
- risperidoon
- klosapien
- kwetiapien
- olanzapien
- ziprasidoon
[wysig] "Derde generasie" atipiese antipsigotika
- aripiprazool
[wysig] Elektrokonvulsiewe terapie
Elektrokonvulsiewe terapie is die aanwending van 'n elektriese impuls op die vel, met die doel om tonies-kloniese stuiptrekkings teweeg te bring, en word in sommige geestesversteurings gebruik. Dit word meestal in ernstige gevalle gebruik, of wanneer die inname van ander middels tot nadeel van die pasiënt se gesondheid sou strek. Ten spyte van baie negatiewe publisiteit in die populêre pers- en film-media, bly ELektrokonvulsiewe terapie van die mees effektiewe behandelingsmetodes vir Major Depressiewe Versteuring.
[wysig] Gemoedstabiliseerders
[wysig] Litiumkarbonaat
"Klassieke" manie reageer die beste op hierdie middel, en dit is minder suksesvol in "gemengde" state. Bloedvlakke van lithium moet egter noukeurig kontroleer word, aangesien te lae vlakke oneffektief sal wees en te hoë vlakke tot potensieël gevaarlike toksisiteit kan lei.
[wysig] Antikonvulsante
Newe-effekte kom gereeld voor met die meeste van hierdie middels. Newe-effekte sluit gewigstoename, slaperigheid en stadiger denke in.
- karbamasepien
- gabapentien
- topiramiensuur
- lamotrigien
- okskarbamasepien
- valproïese suur
- klonasepam
[wysig] L-triptofaan
L-triptofaan is 'n voorloper in die metaboliese pad van 5-OH Triptofaan (serotonien) en dus intiem gemoeid met die ontstaan van depressie.
[wysig] Helderligterapie
Helderligterapie is die gereelde daaglikse blootstelling aan ultraviolet-gefiltreerde sigbare lig, met die doel om sekere gemoedsversteurings en ander versteurings te behandel. "Atipiese" simptome van gemoedsversteurings reageer gewoonlik die beste op hierdie vorm van terapie.
[wysig] Herhalende transkraniële magnetiese stimulasie
Herhalende transkraniële magnetiese stimulasie se effek hang van verskeie faktore, soos die pasiënt se patologie, die frekwensie van die stimulus en die plasing van die magnetiese lus.
[wysig] Kruie en ander "natuurlike" produkte
- ginkgo biloba
- inositol
- kava kava
- kudzu
- melatonien
- omega-3-poli-onversadigde vetsure
- s-adenosilemetionien
- sintjohanneswortel
- waleriaan
- vitamiene
[wysig] Middels om ekstra-piramidale newe-effekte teë te werk
Verskillende van hierdie middels het verskillende effektiwiteit in verskillende pasiënte. Of 'n persoon eers behandel moet word wanneer ekstra-piramidale newe-effekte verskyn, of as 'n voorkomende behandeling, is 'n groot debat. Verder is die anti-cholinerge middels waarskynlik net nuttig om akatisie te behandel wanneer daar ook Parkinson-siekte-simptome teenwoordig is.
- dopamienblokker
- amantadien
- antihistamien
- siproheptadien
- difenhidramien
- orfenadrien
- betablokker
- propranolol
- benzodiasepien
- diazepam
- lorazepam
- clonazepam
- anticholinerge middel
- benztropien
- biperidien
- etopropasien
- prosiklidien
- triheksifenidiel
[wysig] Middels vir aandagstekort-hiperaktiwiteitsversteuring
[wysig] Psigostimulante
Alle psigostimulante is ewe effektief. Alhoewel daar 'n rol blyk te wees in volwassenes met aandagstekort-hiperaktiwiteitsversteuring moet in die oog gehou word dat hierdie middels afhanklikheid kan veroorsaak in dié groep.
- amfetamien en ander verwante middels
- metielfenidiensuur
- magnesiumpemolien
[wysig] Ander middels
- atomoksetien
- klonidien
- guanfasien
- bupropioon
- venlafaksien
- trisikliese middels
- mono-amienoksidaseblokkers
- modafiniel
[wysig] Middels vir die behandeling van seniliteit (demensie)
Hierdie middels keer nie die siekte om nie, maar gee 'n verbetering in verstandsfunksie en gedrag. Die verbetering is beskeie, en raak eindelik weer verlore soos wat die siekte vererger.
[wysig] Cholienesteraseblokkeerders
- donepesiel
- takrien
- rivastigmien
- galantamien
[wysig] Ander middels
- memantien
[wysig] Middels vir die behandeling van substansgebruikversteurings
- disulfiram
- naltreksoon
- metadoon
- bufrenorfien
- naloksoon
- bupropioon
- klonidien
[wysig] Nuwe behandelingsmiddels onder ondersoek
[wysig] Adrenerge middels
- propranolol
- pindolol
- atenolol
[wysig] Kalsiumkanaalblokkeerders
- nimodipien
- verapamiel
[wysig] Dopaminerge middels
- bromokriptien
- modafiniel
- pergolied
- pramipeksool
[wysig] Gamma-aminobottersuurmiddels
- baclofen
- fenitoïen
- tiagabien
- vigabatrien
[wysig] Serotonienblokkeerders
- siproheptadien
- ondansetron
[wysig] Opioïedreseptormiddels
- morfien
- tramadol
[wysig] Immuunsisteemmoduleerders
- non-steroidale anti-inflammatoriese middels
[wysig] Steroïedbiosintese-blokkeerders
- ketokonasool
- mifepristoon
[wysig] Hormone
- estrogeen en progesteroon
- testosteroon
[wysig] Ander middels
- famotidien
- selegilien
- cholesterolstatiene
[wysig] Seksdryfkragmiddels
Geneesmiddels behoort in hierdie gevalle altyd saam met psigoterapie gegee word, en ander psigiatriese versteurings moet ook herken en behandel word.
[wysig] Seksdryfkragonderdrukkers
- siproteroon
- medroksieprogesteroon
- leuprolied
- goserelien
[wysig] Seksdryfkragopwekkers
- sildenafiel
- tadalafiel
[wysig] Slaap/Sedeermiddels
Kyk by Angsteëwerende middels
[wysig] Verwysing(s)
- Clinical Handbook of Psychotropic Drugs. Fourteenth Revised Edtion. Editors K. Bezchlibnyk-Butler, J.Jeffries. Hogrefe & Huber Publishers, 2004.