Morabaraba
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Morabaraba is 'n tradisionele twee-speler strategie bordspel. Dit staan ook as Mlabalaba, Mefuvha, Tsoro, Mbau en Mhele bekend en word oral in Afrika gespeel. Morabaraba is soortgelyk aan die Europese bordspel Nine Men's Morris, met die byvoeging van diagonale en meer stukke.
Inhoud |
[wysig] Reëls en speelwyse
Morabaraba is toeganklik, maklik om te leer en spelle kan vinnig gespeel word – maar die spel behels diepgaande strategiese en taktiese aspekte. Alhoewel Morabaraba op spesiaal vervaardigde borde (of op rekenaars) gespeel kan word is dit eenvoudig genoeg dat 'n bord maklik op 'n rots of in die sand gekrap kan word en muntstukke of klippies kan as stukke gebruik word. Die spel word as volg gespeel:
[wysig] Plaas van die koeie
- Wanneer die spel begin het elke speler 12 koeie (stukke); een speler het swart koeie en die ander wit koeie. Die bord is aanvanklik leeg.
- Die speler wat wit-speel skuif eerste.
- Eleke beurt bestaan daaruit om 'n koei op die bord te plaas. Die koeie word op die kruising van die rooi lyne in die bostaande diagram geplaas. koeie kan net op leë plakke geplaas word.
- Die doel is om 'n "mill" van koeie te skep – drie koeie wat in 'n reguit lyn verbind is. Mills kan horisontaal, vertikaal of diagonaal wees.
- As 'n speler 'n mill vorm kan hy een van die opponent se koeie skiet. Die koei wat geskiet is word van die bord verwyder en nie weer gebruik nie. 'n Koei wat in 'n mill is mag nie geskiet word nie, behalwe as al die opponent se koeie in mills is - in welke geval eneige koei gekis kan word.
Selfs al word meer as een mill in een skuif voltooi kan slegs een koei geskiet word in 'n enkele skuif.
[wysig] Skuif van die koeie
- Nadat al die koeie op die bord geplaas is, bestaan elke beurt uit die skuif van 'n koei na 'n oop spasie. Die koeie skuif langs die rooi lyne na 'n spasie wat regs langs hulle begin punt is.
- Soos te vore laat die voltooiing van 'n mill 'n speler toe om een van die ander speler se koeie te skiet. Soos te vore moet dit 'n koei wees wat nie in 'n mill is nie, behalwe as al die opponent se koeie in mills is.
- Spelers kan hulle eie mills breek – of om koeie te herposisioneer , of om nuwe mills te maak.
- 'n Mill kan herhaaldelik gebreek en weer gemaak word deur een van die koeie heen en weer te skuif. Elke keer as die mill weer gemaak word, word een van die opponent se koeie geskiet. Uit die aard van die saak stel die speler sy koeie bloot deur die mill te breek terwyl koeie in 'n mill geen risiko het om geskiet te word nie.
[wysig] Vlieg van die koeie
- As'n speler slegs drie koeie oor het, is meer darstiese maatstawwe nodig. So'n speler se koeie word toegelaat om na eneige leë spasie te vlieg sonder om haar oor rooi lyne tye bekommer.
- As een speler drie koeie het en die ander speler meer as drie koeie het, kan *slegs* die speler met drie koeie vlieg.
[wysig] Eindspel
- 'n Speler wen as die speler se opponent nie op sy beurt geen skuif kan maak nie
- 'n Speler wen as sy opponent slegs twee koeie oor het
- As eleke speler slegs drei koeie oor het en nie een speler slaag daarin om binne tien beurte 'n koei te skiet nie eindig die spel gelykop.
[wysig] Kyk ook
- Nine Men's Morris