Sewe wonders van die wêreld
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Die Klassieke Wonders
Die antieke Grieke - omdat die getal 7 vir hul magiese betekenis had - het Sewe Wonders van die Wêreld uitgewys. Van dié sewe is net vyf deur die Grieke self gebou maar almal lê binne die grense van Alexander die Grote se ryk.
Die sewe klassieke wonders is:
- Die piramides van Egipte
- Die Colossus van Rhodos
- Die Hangende Tuine van Babilon
- Die Graftombe van Halicarnassus in Klein-Asië
- Die Pharos van Alexandrië
- Die beeld van Zeus te Olympia
- Die Tempel van Artemis te Efeze, Klein-Asië.
[wysig] Moderne wonders
Die American Society of Civil Engineers het die volgende aangewys:
- Die Kanaaltonnel (tussen Groot Brittanje en Frankryk);
- Die CN Tower (Toronto, Kanada);
- Die Empire State-gebou (New York, VSA);
- Die Golden Gate-Brug (San Francisco, VSA);
- Die Itaipuadam (Brasilië en Paraguay);
- Die Deltawerke in Nederland;
- Die Panamakanaal.