Stratford-upon-Avon
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Stratford-upon-Avon is 'n dorp geleë aan die oewer van die Avon-rivier in Suid-Warwickshire, Engeland. Die dorp se bevolking was in 2001 23,676.
Die dorp is die geboorte- en sterfteplek van William Shakespeare en is vanweë hierdie konneksie 'n gewilde toeristebestemming en ontvang ongeveer drie miljoen besoekers per jaar van reg oor die wêreld.[1]
Die plaaslike distrik is na die dorp vernoem, maar lui egter Stratford-on-Avon. Die dorp is plaaslik bekend as slegs Stratford, maar dit skep wel verwarring met die Stratford-area wat in Londen geleë is.