Vin Jaune
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Vin jaune (letterlik "geelwyn") is 'n ongewone wyn wat in die Jura département in die Franche-Comté streek, Frankryk gemaak word.
Die wyn word van laatoes Savagnin druiwe gemaak, 'n ongewone plaaslike wit druifsoort. Die druiwe word stadig gefermenteer en in klein eikehout vaatjies gestoor. Die vaatjies word nie volgemaak nie, ander as by meeste ander wyne, wat veroorsaak dat 'n luggaping bo die wyn vorm as gevolg van verdamping. 'n Gislaagie groei oor die wyn wat dit gedeeltelik teen oksidasie beskerm. Die wyn verkry 'n kenmerkende geel kleur en die geur daarvan ontwikkel soos dit vir ses jaar en drie maande verouder word. Teen die tyd bly omtrent 62% van die oorspronklike wyn behoue en die wyn word gebottel in 62cl wynbottels wat clavelins genoem word.
Die wyn verouder geweldig goed en word gewoonlik nie gedrink voor dit ten minste tien jaar na dit gebottel is nie, omtrent sestien jaar na die oes. Dit sal vir 50 of 'n 100 jaar hou.
Appellations sluit in Château-Chalon AOC, Arbois Vin Jaune AOC, Cotes du Jura vin Jaune AOC en Vin Jaune de L'Etoile.
[wysig] La Percée du Vin Jaune
'n Fees genaamd La Percée du Vin Jaune (Oopmaak van die Geelwyn) word in die eerste week week van Februarie elke jaar gehou om die vrystelling van 'n nuwe oesjaar bekend te stel. Onlangse feeste, wat proe sessies insluit, het meer as 30 000 beoekers gelok. Die fees vind elke jaar in 'n ander dorpie in die streek plaas.
[wysig] Externe skakels
- La Percée du Vin Jaune meestal in Frans