Vliegdekskip
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
![]()
USS Harry S. Truman anker buite Portsmouth, Engeland, terwyl die bemanning 'n hawebesoek geniet.
|
Beeld:Carrier Admiral Kuznetsov.jpg
Russiese vliegdekskip Kuznetsov
|
'n Vliegdekskip is 'n soort skip wat ontwerp is om as 'n drywende lugbasis te dien. Dit laat 'n lugmag toe om 'n groter gebied te patroleer, en om dieper in vyandige areas in te dring aangesien minder brandstof gebruik word om by die teiken uit te kom.
Ander take wat vliegdekskepe verrig is die diens van vliegtuie en ander toerusting en die vervoer van soldate.