Adelaide
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Adelaide is 'n dorp in Oos-Kaap aan die Koonap-rivier naby Fort Beaufort. Dit is oorspronklik 'n militêre pos wat vernoem is na die vrou van die Britse koning William IV. Die dorp is in 1834 gestig, maar die gemeente van die NG Kerk het eers in 1890 afgestig van die moedergemeente Glen Lynden. Adelaide, wat ook 'n belangrike sentrum van die skaapteelt is, lê aan die voet van die Winterberge. Die Ons Erfenis-museum dateer uit die jaar 1855 en huisves meubilering en ander voorwerpe uit die 19de eeu.