Bespreking:Albert Einstein
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wat is die bron van hierdie teks? Dit is duidelik vanuit 'n dokument geneem, maar ek wonder net oor die kopiereg daarvan? (Dewet 27/10/2004 21:12 SAST)
Ek dink ook nie dat veral die laaste afdeling oor Jesus 'n gebalanseerde, neutrale stuk is nie; daar is oorgenoeg verwysings op die Internet (beide op die Engelse Wikipedia en elders) wat duidelik Einstein se religiositeit uitbeeld, wat nie so eenvoudig is soos hierdie paar vrae wil voorstel nie. Die artikel as 'n geheel is nie samehangend nie, daar is geen bronne vir die aanhalings en staaltjies nie. (Dewet 27/10/04 21:25)
Inderdaad:
- http://www.onlineklub-sa.com/beroemde_persone2.htm
- http://www.julianmuller.co.za/einstein.html
- http://www.bibleguidance.co.za/Afrboeke/Israel/3%20Oorblyfsel.htm
--Alias 21:39, 27 10 2004 (UTC)
[wysig] Voorbladartikel?
Ek weet dit is nou al laat, maar die artikel lyk nie te waffers vir my nie. Daar is hordes teks wat nog in kommentaar is. Daar is skakels na Engelse artikels. Die baie rooi skakels pla bietjie maar is seker effens onvermydelik. Pla miskien nie te erg nie. Miskien moet ons van die skakels uithaal. Ek het van die skakels aansture gemaak. Miskien uit-/afstel? --Alias 14:46, 29 April 2006 (UTC)
- Dis goed iemand gaan my voorstelle na - as ek na die kommentaar hierbo kyk, lyk dinge wel verdag. Ek het dit waarskynlik meer oor die titel as die inhou gekies. Kom ons stel dit uit en dan maak ons die een ordentlik reg. Help bietjie iets anders kies. Laurens 15:12, 29 April 2006 (UTC)
Ek sien die wikiaanhalings-skakel gaan nie meer na Engels toe soos wat dit sĂȘ nie. --Alias 17:55, 29 April 2006 (UTC)