Benjamin Biolay
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Benjamin Biolay, gebore op 20 Januarie 1973 in Villefranche-sur-Saône, is een van die suksesvolste Franse sangers, komponiste, liedteksskrywers en produsente van die sogenaamde Nouvelle Scène de la Musique française.
In 2001 begin hy sy sololoopbaan met die eerste in 'n reeks van vier langspelers en die klankbaan vir die rolprent Clara et moi.
Benjamin Biolay het musiek en liedtekste geskryf vir Keren Ann, Henri Salvador, Isabelle Boulay, sy suster Coralie Clément, Juliette Gréco, Heather Nova, Françoise Hardy en Valérie Lagrange.
[wysig] Diskografie
- La Révolution (kortspeler, 1997)
- Le Jour Viendra (kortspeler, 1998)
- Rose Kennedy (langspeler, Maart 2002)
- Remix EP (EP, 2001)
- Live au Casino de Paris (langspeler, 2002)
- Négatif (dubbellangspeler, 2003)
- Home (saam met sy vrou Chiara Mastroianni, Junie 2004)
- Clara et moi (klankbaan, Junie 2004)
- A l'Origine (langspeler, Maart 2005)