Dún Laoghaire-Rathdown
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis en Ligging
Die graafskap [county] is een van die plaaslike administratiewe gebiede in die Republiek van Ierland. In 1994 is die voormalige Dublin graafskapsraad [county council] en die Dún Laoghaire plaaslike raad [borough council] ontbind. In die plek daarvan is drie nuwe plaaslike regering administratiewe areas geskep naamlik Dún Laoghaire-Rathdown, Suid-Dublin en Fingal elk met hul eie graafskapsraad.
Die naam Dún Laoghaire-Rathdown verwys na die twee dele wat kenmerkend is in die graafskap. Die nasionale pad N11 wat Wexford en Wicklow met Dublin Stad verbind, is die nie-amptelike skeidslyn. Oos van die N11 is die kusgebied wat geskiedkundig die "borough" van Dún Laoghaire was. Wes van die N11 is die area tot teenaan die hange van die Dublin berge wat geskiedkundig deel was van die Rathdown burgskap [barony].
Die graafskap is die tuiste van verskeie bekende persoonlikhede in die musiekwêreld soos Bono, Enja en Van Morrison. Bekende skrywers soos George Bernard Shaw, Samuel Beckett, James Joyce en John Millington Synge het in die graafskap gewoon. Die voormalige president van die Republiek van Ierland, Eamonn De Valera, was 'n inwoner in die Blackrock area in die graafskap.
[wysig] Ekonomie
Sandyford, geleë in die Rathdown gedeelte van die graafskap, is 'n belangrike deel van die silikoonvallei van Ierland. Gevestig in die area is Microsoft se Europese hoofkwartier tesame met ander multi-nasionale maatskappye soos Vodafone en Hewlett-Packard. Groot werkgewers in ander areas in die graafskap sluit in farmaseutiese firmas soos Pfizer en GlaxoSmithKline, finansiële dienste soos Barclaycard, Eaglestar en Canada Life, asook elektroniese firmas soos Dell en Ericcson.
Die graafskap is 'n aantreklike werksplek vir hoogsgeskoolde werkers.
[wysig] Toerisme
Die graafskap is baie toeganklik vir toeriste met twee hoë kwaliteit publieke vervoer sisteme wat die graafskap vanuit Dublin Stad bedien. Die Dublin Area Rapid Transport (DART) voorstedelike trein bedien die kusdorpe in die graafskap met stasies in Booterstown, Blackrock, Monkstown, Dún Laoghaire, Glasthule, Glenegeary, Dalkey, Killiney en Shankill. Die LUAS moderne trêm verbind St Stephen's Green in die stad met Milltown, Dundrum, Kilmacud en Sandyford in die graafskap.
Een van die bekendste landmerk geboue in die graafskap is die Dalkey Kasteel. Die Kasteel is omskep in 'n Erfenis Sentrum met uitstallings oor die vroeë Christen, Viking en Britse periodes in die geskiedenis van die area. Die Kasteel was deel van die "Pale", of te wel die verdedigingsisteem van Dublin wat deur die Normans gebou is. Die uitdrukking "beyond the pale" verwys na die persepsie dat buite hierdie ring van kastele was die areas gekenmerk as barbaars en bandeloos.