Den Bosch
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Den Bosch of 's-Hertogenbosch is die hoofstad van Noord-Brabant, een van die twee suidelike provinsies van Nederland.
's-Hertogenbosch is volgens oorlewering in 1185 gestig deur hertog Hendrik I van Brabant by die sameloop van die Aa en Dommel, wat tans saamkom by die burg in die stad. Dit is een van die vroeë Middeleeuse stede van Nederland. Die inwonertal op 1 Desember 2005 was 134 793.