Ellen Johnson-Sirleaf
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ellen Johnson Sirleaf (gebore 29 Oktober, 1938) is die huidige president van Liberië, nadat sy ingehuldig is op 16 Januarie 2006. Haar oorwinning is amptelik bekendgemaak deur die Liberiese verkiesingskommissie op die 23ste November 2005, na die 2005 verkiesing. Sy is die eerste verkose vroulike president van 'n Afrika-land. Haar Adjunk-President is Joseph Boakai. Sy word ook soms na verwys as Ellen Sirleaf-Johnson.
'n Gegradueerde van Harvard, Johnson-Sirleaf het betrokke geraak in regering nadat sy die Assistent Minister van Finansies geword het in President William Tolbert se regering in 1979, nadat sy beskuldig is van diefstal van oor die 3 miljoen Amerikaanse dollars. Tydens haar veldtog vir die Senaat in 1985, het sy haar uitgespreek teen die militêre regime, en is gevonnis tot tien jaar gevangeniskap. Sy is egter vrygelaat na 'n kort periode, en het die land verlaat in ballingskap na Nairobi, Kenya en het teruggekeer in 1997 in die kapasiteit van 'n ekonoom, in diens van die Wêreldbank, en Citibank in Afrika.
Aanvanklik 'n ondersteuner van Charles Taylor se rebellie teen Sersant Samuel Doe, maar sy het later voortgegaan om hom te opponeer, en het as kandidaat gestaan in die 1997 presidensiële verkiesing. Sy kon slegs 10% van die stemme inwin, teen oor Taylor se 75%. Taylor het haar aangekla van hoogverraad. Sy het 'n veldtog geloods vir die verwydering van Taylor uit sy amp, en het 'n aktiewe en ondersteunende rol gespeel in die oorgangsregering, soos die land voorberei het vir die 2005 verkiesing. Met Taylor se uittrede het sy die leierskap van die Eenheidsparty oorgeneem.
In die eerste rondte van die 2005 verkiesing, het sy tweede gekom met 175 520 stemme, wat haar deurgesit het na die opvolgverkiesing wat plaasgevind het op 8 November. Sy het te staan gekom teen voormalige sokkerspeler George Weah. Op 11 November het die Nasionale Verkiesingskommissie van Liberië Johnson-Sirleaf verklaar as President-Elect van Liberië. Op 23 November het hulle die besluit bevestig en het verklaar dat Johnson-Sirleaf die verkiesing gewen het met amper 20% meer stemme as haar opponent. Onafhanklike-, internasionale-, streeks- en plaaslike- waarnemers het verklaar dat die verkiesing vry, regverdig en deursigtig was.
Me. Johnson-Sirleaf is die moeder van vier seuns en het ses kleinkinders.
Inhoud |
[wysig] Verkiesing
Opsomming van die uitslae van die verkiesing op 11 Oktober 2005 en 8 Novemberedit |
Stemme 1ste rondte | % | Stemme 2de rondte | % |
---|---|---|---|---|
Ellen Johnson-Sirleaf - Eenheidsparty | 192,326 | 19.8 | 478,526 | 59.4 |
George Weah - Kongres vir Demokratiese Verandering | 275,265 | 28.3 | 327,046 | 40.6 |
Charles Brumskine - Liberale Party | 135,093 | 13.9 | - | - |
Winston Tubman - Nasionale Demokratiese Party van Liberië | 89,623 | 9.2 | - | - |
Varney Sherman - Coalition for the Transformation of Liberia | 76,403 | 7.8 | - | - |
Roland Massaquoi - Nasionale Patriotiese Party | 40,361 | 4.1 | - | - |
Joseph Korto - Liberië Gelyke Regte Party | 31,814 | 3.3 | - | - |
Alhaji G.V. Kromah - All Liberia Coalition Party | 27,141 | 2.8 | - | - |
Togba-Nah Tipoteh - Alliansie vir Vrede en Demokrasie | 22,766 | 2.3 | - | - |
William V.S. Tubman, Jr. - Hervormde Verenigde Liberië Party | 15,115 | 1.6 | - | - |
John Morlu - Verenigde Demokratiese Alliansie | 12,068 | 1.2 | - | - |
Nathaniel Barnes - Liberian Destiny Party | 9,325 | 1.0 | - | - |
Margaret Tor-Thompson - Vryheid Alliansie Party van Liberië | 8,418 | 0.9 | - | - |
Joseph Woah-Tee - Arbeidersparty van Liberië | 5,948 | 0.6 | - | - |
Sekou Conneh - Progressiewe Demokratiese Party | 5,499 | 0.6 | - | - |
David Farhat - Vrye Demokratiese Party | 4,497 | 0.5 | - | - |
George Klay Kieh - Nuwe Ooreenkomsbeweging | 4,476 | 0.5 | - | - |
Armah Jallah - Nasionale Party van Liberië | 3,837 | 0.4 | - | - |
Robert Kpoto - Unie van Liberiese Demokrate | 3,825 | 0.4 | - | - |
George Kiadii - Nasionale Visie Party van Liberië | 3,646 | 0.4 | - | - |
Samuel Raymond Divine | 3,188 | 0.3 | - | - |
Alfred Reeves - Nasionale Reformasie Party | 3,156 | 0.3 | - | - |
Aantal Geldige Stemme | 973,790 | 805,572 | ||
Ongeldige/Leë Stemme | 38,883 | 20,144 | ||
Totale Stemme | 1,012,673 | 825,716 | ||
Aantal kiesers (1,352,730 geregistreerde kiesers) | 74.9% | 61.0% |
[wysig] Posisies beklee
- 1972 - 1973: Assistent Minister van Finansies vir die Regering van Liberië
- 1980 - c. 1985: Minister van Finansies vir die Regering van Liberië
- 1982 - 1985: Adjunk-President van die Afrika Streekskantoor van Citibank, Nairobi
- 1986 - 1992: Adjunk-President en lid van die Uitvoerende raad van Equator Bank, Washington, D.C.
- 1992 - 1997: Direkteur van die VN Ontwikkelingsprogram Streeksburo vir Afrika
- 1997: Standaardlid van die Eenheidsparty
- 2004-2005: Voorsitter van die Kommissie vir goeie regering (Liberië)
- 2005: Standaardlid van die Eenheidsparty; kandidaat vir President
Johnson-Sirleaf was ook:
- 'n Stigterslid van die "International Institute for Women in Political Leadership"
- 'n Lid van die Adviseurende Raad van "Modern Africa Growth and Investment Company"
- 'n Lid van die Finansieskommittee van "Modern Africa Fund Managers"
- President van die "Liberian Bank for Development and Investment"
- President van "Kormah Development and Investment Corporation"
- Senior Leuningsbeampte vir die Wêreldbank
- Adjunk-President van Citibank
[wysig] Publikasies
- From Disaster to Development (1991)
- The Outlook for Commercial Bank Lending to Sub-Saharan Africa (1992)
[wysig] Toekennings
- Ontvanger van die 1988 Franklin Delano Roosevelt Vryheid van Spraak Toekenning
- Ralph Bunche Internasionale Leierskapstoekenning
- Grand Commander Star of Africa Redemption of Liberia
- Commandeur de l'Ordre du Togo (Commander of the Order of Togo)
Vooraf gegaan deur: Gyude Bryant |
President van Liberië 2005–nou |
Opgevolg deur: — |