Hugenote Kollege
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Hugenote Kollege op Wellington in die Wes-Kaap is in 1874 gestig deur mes. Anna Bliss en Abby Ferguson as die Hugenote-Seminarie, die eerste inrigting in Suid-Afrika waar vroue opleiding in hoër onderwys kon ontvang. Dit het groot aanmoediging van die NG Kerk en ds. Andrew Murray gekry en is besoek deur dogters van gesiene families. Dit word later deel van die Universiteit van Suid-Afrika.
Dit bied tans Unisa-grade aan in maatskaplike werk, jeugwerk en gemeenskapontwikkeling. Die kampus met sy geskiedkundige geboue is ook die tuiste van kerklike uitgewers soos Lux Verbi.BM en die Tydskrifte-Maatskappy.