Karl-Marx-Hof
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Karl-Marx-Hof is een van die bekendste Gemeindebauten (gemeenskapgeboue) in Wene, Oostenryk en is is geleë in die distrik van Döbling. Die gebou is vernoem na die bekende Duitse filosoof Karl Marx.
Karl-Marx-Hof is gebou op grond wat tot die 12de eeu onder die water van die Donau rivier was, diep genoeg vir skepe om oor die gebied te vaar. Teen 1750 was dit net 'n poel water wat gedreineer is deur die Heilige Romeinse Keiser Josef II. Tuine is toe in die gebied aangeplant wat in die middel van die 1920's verwyder is om plek te maak vir die oprigting van die derde grootste behuisingsontwikkeling in Wene, 'n program onderneem deur die sosiale demokrate.
Karl-Marx-Hof is gebou tussen 1927 en 1930 deur die stadsbeplanner Karl Ehn, 'n volgeling van Otto Wagner. Dit beslaan 1 382 woonstelle en is genoem die Ringstrasse des Proletariats, of die ringstraat van die proletariaat. Slegs 20% van die 1 000 meter lange, 150 000-m2 gebied is toegebou die res van die gebied is ontwikkel in speelareas en tuine. Die perseel sluit in baie geriewe, insluitende droogskoonmakers, baddens, kleuterskole, 'n biblioteek, dokterspreekkamers en kantore. In die 1980's word Karl-Marx-Hof omgebou.
Karl-Marx-Hof was in die spervuur gedurende die Februaraufstand (Februarie Opstand) van 1934 gedurende die Österreichischer Bürgerkrieg (Oostenrykse burgeroorlog). Die rebelerende werkers het hulself verskans binne Karl-Marx-Hof. Hulle was tot oorgawe gedwing nadat die Oostenrykse Leër en die Oostenrykse ver-regse paramilitêremagte Karl-Marx-Hof gebombardeer het met artillerie. Karl-Marx-Hof is hernoem Heiligenstädter Hof, maar het die oorspronklike naam teruggekry in 1945. Die artillerieskade is in die 1950's herstel.
Met 'n lengte van oor een kilometer (1100m) wat strek oor vier Straßenbahn (trem) haltes, hou Karl-Marx-Hof die rekord vir die langste enkele residensiële gebou in die wêreld.