Kavango's
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Kavango's is na verwant aan die Wambo's en tel sowat 120 000, die grootste volk in Nambië na die Wambo's. Soos laasgenoemde kom hulle van die groot mere in Oos-Afrika, van waar hulle in 'n suidwestelike rigting getrek en hulle in die teenswoordige Angola gaan vestig het. Tussen 1750 en 1800 het hulle na Kavango, suid van die Kavango-rivier, of soos dit ook bekend staan Okavango-rivier, getrek. In dieselfde tydper het vier stamme, die Kwangali, Mbunza, Sambiyu en Gciriku van die van die res afgestig. Die Mbukushu was reeds nie meer deel van die ander groepe nie. Van die vier dialekte wat in die Kavango-streek gepraat word, is Kwangali die een met die meeste moedertaalsprekers. Die Kavango's is 'n 'n groot mate riviergebonde. Die meeste van hulle woon lang die Kavango-rivier waar hulle visvang, hul landerye bewerk en beeste aanhou. Elke stam het sy eie tradisionele stamkaptein, wat as 'n hompa bekend staan. Die leierskap word matriliniêr oorgedra, met ander woorde aan 'n erfgenaam aan die moederskant.