Mae West
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Mary Jane (Mae) West (Brooklyn, New York, 17 Augustus 1893 - Hollywood, Kalifornië, 22 November 1980) was 'n Amerikaanse aktrise.
Sy is gebore als 'n dogter van Jack West en Matilda Doelger.
Mae West het begin optree in Vaudeville op die ouderdom van vyf. Teen die ourderdom van twaalf het sy opgetree onder die naam van "The Baby Vamp."
Sy het uiteindelik haar eie opvoerings begin skryf. Haar eerste optrede op Broadway was getitel Sex. Die hoof speler was Mae West, wat ook die skrywer, vervaardiger, en direkteur was. Die opvoering het nie goed afgegaan by die stadsamptenare nie, en sy was gearesteer saam met al die ander toneelspelers.