Makhado (dorp)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Makhado (voorheen Louis Trichardt) is 'n tradisioneel Suid-Afrikaanse 'boere' dorpie in die Limpopo (provinsie), knus in die voue van die Soutpansberge.
[wysig] Ligging
Makhado is geleë op die hoof roete (N1) vanaf Gauteng na Zimbabwe, 100km noord van Polokwane (Pietersburg) en 100km suid van Musina (Messina).
Koördinate: 23 ° 02 ' 34 " S, 29 ° 54 ' 06 " O
[wysig] Naam
Die naam van die dorp is in die kleine 'n weerspieling van die stormagtige geskiedenis van Suid-Afrika. Die dorp is aanvanklik vernoem na die Voortrekkerleier Louis Trichardt (persoon). In die post-Appartheid era is die dorp herdoop om die Vendaleier Makhado (persoon) te vereer. Die naamsverandering is in die Hoogeregshof betwis, maar die hof het in September 2005 beslis dat die naamverandering wettig gedoen is.
[wysig] Bronne
- Beeld, 15 September 2005 Duur standbeeld loop deur onder vandale se verf.
- Koördinate verkry vanaf Google Earth