Markovproses
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
In waarskynlikheidsleer is ‘n Markovproses ‘n stogastiese proses wat as volg gekarakteriseer word: Die toestand ck op tydstip k is een van ‘n eindige aantal in die reeks . Onder die aanname dat die proses slegs van tyd 0 tot tyd N loop en dat die aanvanklike en eind toestande bekend is, word die toestandopeenvolging dan voorgestel deur ‘n eindige vektor C = (c0,...,cN).
Laat P(ck | c0,c1,...,c(k − 1)) die waarskynlikheid (kans dat dit sal gebeur) van die toestand ck op tyd k bepaal deur alle toestande tot tyd k − 1 aandui. Veronderstel ‘n proses sodanig dat ck slegs van die vorige toestand ck − 1 afhang en onafhanklik is van alle vorige toestande. Die proses sou bekend staan as ‘n eerste-orde Markovproses. Dit beteken dat die waarskynlikheid om in ‘n toestand ck te wees op tyd k, gegee alle toestande tot tyd k − 1 slegs van die vorige toestand afhang, d.w.s. ck−1 op tyd k − 1:
Vir ‘n nde-orde Markovproses,
In die algemeen, vir die Viterbialgoritme, word aangeneem dat die onderliggende proses ‘n Markovproses is met die volgende eienskappe:
- eindige-toestand, dit beteken die getal M is eindig.
- diskrete-tyd, dit beteken dat oorgang van een toestand na ‘n volgende dieselfde tydeenheid neem.
- waargeneem in geheuelose ruis, dit beteken dat die opeenvolging van waarnemings waarskynlikheidsgewys slegs afhang van die vorige opeenvolging oorgange.
[wysig] Kyk ook
- Markovketting
- Verborge Markovmodel
[wysig] Verwysings
- P-E E. Bergner, Dynamics of Markovian Particles; A kinetics of macroscopic particles in open heterogeneous systems , (2005)