Marthinus Versfeld
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Biografie
Marthinus Versfeld (11 Augustus 1909 - 1995) was 'n Afrikaanse filosoof. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en in 1934 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Glasgow behaal. Hy het in 1937 by die departement filosofie van die Universiteit van Kaapstad aangesluit en is in 1970 tot professor gepromoveer. In 1987 is 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken.
Versfeld was 'n internasionaal erkende kenner op middeleeuse filosofie en het verskeie werke oor Augustinus geskryf. Hy was lief vir die kookkuns en was die outeur van die gewilde Food for Thought: A Philosopher's Cookbook wat André Brink beskryf het "a cookbook as well as a book of profound wisdom and great delight, that transcends our customary systems of thought to become an enquiry into human values". Hy het ook die Sjinese gedigte van Lao-Tse vertaal.
Versfeld was ook 'n natuurliefhebber en het ook graag oor bergklim geskryf.
Hy het in 1995 op die ouderdom van 80 gesterf. Hy het sy vrou Barbara en sewe kinders nagelaat.
[wysig] Bibliografie
- A Guide to the City of God (1958)
- Klip en Klei
- Die neukery met die Appelboom {1985)
- Our Selves (1979)
- Persons (1972)
- Pots and Poetry (1985)
- Food for Thought: A Philosopher"s Cookbook. (1983 & 1991 (2de uitgawe))
- St. Augustine's Confessions and City of God (1990)
- Sum: 'n Keur uit Sy Werke (1991)
- The Perennial Order (1954)
- The Socratic Spirit (1971)
- Tyd en Dae: Essays (1982)