Gebruikerbespreking:Nomdeplume
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Haai, Nomdeplume. Hoekom het jy die skakel na Goeie Vrydag-aardbewing verwyder? (sien [1]) --Alias 08:10, 27 Maart 2006 (UTC) - : Jammer, sien nou eers jy het dit dadelik reggemaak. :-) --Alias 08:50, 27 Maart 2006 (UTC) - Haai Alias, weet jy, ek geniet dit om te kyk na jou verbeterings -- dit gee my altyd soort van 'n sintaktiese les, maar toe het ek 'n klein tikfout herstel op die ouere weergawe, in plaas van die nuutste een. Het my 'n les geleer om dit tog maar altyd te check. Nomdeplume 16:19, 27 Maart 2006 (UTC)
Inhoud |
[wysig] Verwysings
Haai Nomdeplume,
Geluk met die goeie vordering met nuwe artikels! Ek wil jou aanmoedig om 'n volledige bronverwysing na die Engelse of Nederlandse Wikipedias te doen. Die afgelope ruk kan mens mos 'n permanente skakel na 'n spesifieke weergawe van 'n blad kry onder "gereedskap". Wat ek dus doen en sou voorstel is iets soos (bekyk hierdie bronteks vir hoe ek dit doen):
(Die detail is waarskynlik nie van belang nie, maar dit beteken dat enigeen baie maklik die presiese weergawe wat gebruik is in die hande kan kry - selfs al het die artikel daarna weer verander.) Verder sou ek graag wou dat ons die Engelse en Nederlandse bronverwysings ook oordra, aangesien dit eintlik ook tog die bron van ons vertalings is. Ek weet nog nie presies wat die ideala oplossing hiervoor is nie. Ek voel net dat verwysings wel baie belangrik is (Ek glo dit is ook hoekom jy dit ook insit). Weereens dankie! --Alias 20:38, 6 April 2006 (UTC)
- Haai Alias!
- Dankie vir die mooi en bemoedigende woorde. Ek geniet hierdie stokperdjie verskriklik baie, en veral die kollaborasie-aspek daarvan. Ek het, terloops, ook die hoogste respek vir jou opinie. Jou taalkundige vaardigheid is van hoogstaande kwaliteit, en jy het myns insiens 'n besonderse redakteursoog ook. Ek sal gerus dit voortaan doen soos jy dit voorstel en die artikels wat ek reeds gedoen het ook so opdateer. Ek stem totaal saam oor die belangrikheid van die uitbouing van die verwysings, beide vir toerekensvatbaarheid -- is dit goeie Afrikaans vir accountability?-- en vir die rykheid van die projek.
- Groete, -- Nomdeplume 21:03, 6 April 2006 (UTC)
- Ek is soms bekommerd as mense my idees so vreeslik volg - dan kan foute net op my blameer word :-) Ek sien die verwysings neem die vorm aan. Weet jy van die "Permanente skakel"-funksie om 'n skakel na 'n spesifieke weergawe van 'n blad te kry? Vir die nuwe vertalings kan jy dit dan eerder gebruik as bloot 'n skakel na die artikel. Groete, Alias 14:03, 7 April 2006 (UTC)
- Gats! Ek besef nou toe ek daarvoor soek dat ek nie vinnig enige dokumentasie vind nie. As mens so saam met die goeters groei dan leer mens dit maklik ken, maar ek is bekommerd oor hoe moeilik dit word vir nuwe mense om alles baas te raak. I.v.m. die permanente skakel wil ek jou sommer aanmoedig om self 'n blad daaroor te skryf. Miskien by Hulp:Permanente skakel, maar goeters moet ook daarheen skakel anders kry niemand dit ooit nie. As mens kyk na die geskiedenis van elke blad, kan mens na enige weergawe kyk en verskillende weergawes vergelyk. Speel gerus op die geskiedenisblad van 'n artikel en vra as enigiets onduidelik is. As mens nou na 'n artikel verwys met 'n gewone skakel soos [[:en:Cow|]] wat as Cow vertoon, is die probleem dat die artikel kan verander daarna, en dus nie werklik meer die bron is waarna mens verwys nie. Onder gereedskap (en:toolbox) is daar "permanente skakel" (en:Permanent link of "permalink") wat 'n mens 'n gewone webadres gee (http://.... ens) na daardie spesifieke weergawe waarna 'n mens kyk. As mens dus daardie webadres as verwysing gee, kan enigiemand die presiese teks sien wat destyds as bron gebruik is vir vertaling of wat ookal, al verander die artikel drasties daarna. Klik regs op "permanente skakel" (permalink, watookal) en kies "kopieer skakeladres" (copy link location, of watookal) en plak dit dan in die bronverwysing. Dit moet begin met http://... en sal lank en lelik wees. Gebruik dan die volgende wikisintaks:
* ''[http://dielanglelikeskakelmetaldiegoetersagterna Articlename]'' by die Engelse Wikipedia
Ons kan natuurlik ook 'n sjabloon maak om dit mooi konsekwent elke keer reg te kry en sodat die bewoording kan verander. So 'n sjabloon bestaan reeds by Sjabloon:en, (nie nou gekyk nie) maar dit sal aangepas moet word. 'n Mondvol - ek hoop dit help. Moenie skaamwees om vrae te vra nie. Kan ook in die geselshoekie - dan sien almal dit en enigeen kan antwoord. --Alias 17:10, 7 April 2006 (UTC)
- Sien gerus my wysiging by Lys van soorte -vore. Dit is seker nie erg belangrik nie. Maar ek besef ek sukkel bietjie om dit te verduidelik. Soek gerus by die Engelse bronartikels vir die "Permanent link"-skakel onder "toolbox", regskliek daarop, kies "copy link location" (of so iets). Dit gee 'n skakel wat nie die skakel is wat gewoonlik in die adres van die webblaaier vertoon nie. Dit moet eindig met "oldid=2345234" of een of ander getal. Dan kan mens dit plak/paste in die verwysing in die Afrikaanse artikel. Dit gee mens toegang tot die spesifieke weergawe van die Engelse artikel waarna mens op daardie stadium kyk al kom daar nuwer weergawes later. Groete, Alias 06:18, 26 April 2006 (UTC)
-
- N-o-o-o-u get ekkit eers! My stilte hieroor het nie gemeen dat dit nie belangrik is nie -- inteendeel, ek dink dis erg belangrik. Ek het nie reageer nie, want ek kon steeds nie uitfigure wat ek moes doen nie. Dit was dus my vrees om onnosel oor te kom wat my gemuilband het. Baie dankie vir die verdere mooi verduideliking. Ek gaan al my artikels nou só verander en dan doen ek daai hulpartikel soos voorgestel. Teen daardie tyd is ek 'n deskundige :) --Nomdeplume 15:18, 26 April 2006 (UTC)
-
-
- Het nou die hulpartikel ook klaar. Verander dit gerus as jy voel dit lees nie maklik genoeg nie. Ek sal môre dit probeer skakel mat ander plekke dat dit meer toeganklik is.
-
--Nomdeplume 02:16, 27 April 2006 (UTC)
[wysig] Wikiverwysings
Nomdeplume, sien gerus my wysiging van omnivoor] wat die wikiverwysings gebruik. Ek neem aan jy het dit probeer soos die Engels en dit het nie gewerk nie. Ons moet 'n ekwivalent vir Sjabloon:Cite skep, dan sal dit werk. Tot dan kan mens dit doen soos ek in hierdie wysiging gedoen het. onthou die "referneces" etiket onder. Groete, Alias 06:26, 26 April 2006 (UTC)
- Dankie, sal dit voortaan reg kan doen. Sal ook probeer om die sjabllon te skep, as ek avontuurlusitg genoeg voel binnekort. --Nomdeplume 02:17, 27 April 2006 (UTC)
[wysig] Sjablone
Haai Nomdeplume, ek hoop nie jy dink ek is windie nie, want ek het sommer jou gebruikersblad opgedateer met Spaans en Italiaans nadat ek die sjablone geskep het. Ek het opgemerk dat jy 'n opmerking in jou bladsye gesit het dat jy wag vir iemand om die sjablone te skep en toe doen ek dit sommer gou. Jannetta 13:12, 4 Mei 2006 (UTC)
- Hallo Jannetta! Nee, glad nie. Inteendeel, ek is baie bly dat jy so gaaf en vaardig is. Ek het reeds 'n tydjie gelede jou gebruikersblad se oulike Wikipediasjablone gesit en geniet. Baie dankie vir die hulp en hier's op jare se samewerking! --Nomdeplume 20:13, 4 Mei 2006 (UTC)
[wysig] Milan / Milaan
Hi Nomdeplume, ek sien jy het 'n onderskrif bygevoeg op die bladsy vir Milan. Nadat ek inligting daar geskep het, het ek gemerk dat die spelling natuurlik verkeerd is en dit moet eintlik Milaan wees. Ek her duis al die verwysings daarna verander na Milaan, maar Milan bestaan nog met onvolledige inligting. Ons moet dus verder werk aan Milaan. Ek weet nie wat die beste is vir Milan nie, of ons dit moet redirect na milaan, or verwyder. --Faresh 18:50, 26 Mei 2006 (UTC)
- Haai Faresh, ek sal gou alles in die artikel wat "milan" is "milaan" maak, en dan kan ons dit net aanskuif na "milaan". Miskien 'n goeie ding vir wanneer soekers na dieselfde onderwerp dieselfde spelfout maak, maar tog op die regte bladsy uitkom? --Nomdeplume 22:58, 26 Mei 2006 (UTC)
[wysig] Freimaurerei
Koenntest du ein paar Worte ueber Freimaurerei auf Afrikaans schreiben? Humanista aus Polen.
- Ich werde machen, so sobald ich kann, mit großem Vergnügen! --Nomdeplume 17:57, 29 Mei 2006 (UTC)
Danke schoen. Humanista aus Polen.
[wysig] Redigeerwerk
Net 'n vinnige dankiesê vir die regmaak van spelling ens. die afgelope ruk. Dit is 'n belangrike deel van wat Wikipediane moet doen. Ek is juis bietjie besiger die afgelope ruk en het al heelwat artikels oorgeslaan. Artikels gaan net goed word as klomp oë dit deurgaan. Weereens dankie. --Alias 14:01, 30 Mei 2006 (UTC)
- Groot plesier! Ek lag: lyk my ons sal Janetta se Feetjie en Dwergie moet inplak in ons onderskeie gebruikersblad -- maar hoekom voel ek so ongemaklik daaroor? --Nomdeplume 14:06, 30 Mei 2006 (UTC)
[wysig] Kuifie
Haai Nomdeplume, het jy die wysigings by die Kuifie-artikel gesien? Ek ken nie die goeters nie, maar die wysigings lyk verdag. Sal jy asseblief net nagaan en terugdraai indien nodig? Dankie. --Alias 07:10, 5 Junie 2006 (UTC)