Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Parallelle poort - Wikipedia

Parallelle poort

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

In rekenaarwese is 'n parallelle poort 'n soort fisiese koppelvlak wat saam met 'n kabel gebruik word om verskeie randtoerusting in 'n rekenaarstelsel te verbind. Binêre inligting word op 'n parallelle manier in 'n parallelle poort oorgedra: elke bis in 'n besondere waarde word tergelykertyd saam met die ander bisse as 'n elektriese puls oor 'n afsonderlike draad versend in teenstelling met 'n serie-poort, waar die databisse opeenvolgend oor 'n enkele draad gestuur word. Die aantal drade en die soort hegstuk op parallelle poorte kan verskil.

'n Parallelle poort aan die agterkant van 'n Compaq N150 skootrekenaar.
'n Parallelle poort aan die agterkant van 'n Compaq N150 skootrekenaar.

Die USB koppelvlak het die parallelle poort grootliks vervang en deesdae word die meeste drukkers met 'n USB verbinding gekoppel en word soms nie eens met 'n parallelle poort voorsien nie. Op baie moderne rekenaars word die parallelle poort ook uitgelaat om kostes te bespaar.

Inhoud

[wysig] Gebruike

Parallelle poorte word dikwels gebruik deur mikroverwerkers om met randtoestelle te kommunikeer. Die mees algemeenste soort parallelle poort is 'n drukkerspoort soos die Centronics poort wat agt bisse op 'n slag oordra. Hardeskywe word ook deur middel van spesiale tipe parallelle poorte aan die rekenaar gekoppel, soos onder andere die SCSI en ATA tegnologieë. Wanneer mense egter gewoonlik na 'n parallelle poort verwys, word daar gewoonlik spesifiek die drukkerspoort op 'n IBM versoenbare rekenaar bedoel.

Voordat USB poorte algemeen geword het om massaproduksie rekenaars, het baie eksterne toestelle, soos draagbare hardeskywe vir Microsoft Windows en MS-DOS stelsels, 'n verbindingstuk gebruik wat dit moontlik gemaak het om 'n parallelle poort met 'n drukker te deel. Dit is gedoen omdat baie Windows rekenaars vroeër nie 'n ekwivalente SCSI-poort gehad het wat op ander stelsels beskikbaar was nie en was die enigste gerieflike verbinding wat beskikbaar was dan gewoonlik die parallelle poort. Die parallelle poort van 'n IBM versoenbare rekenaar is by verre die mees algemene standaard rekenaarpoort wat die spannings van standaard rekenaarlogika aan die buitewêreld blootstel deur 'n stel penne en word daarom dikwels deur eksperimenteerders, ingenieurs en mense wat bloot elektronika as 'n stokperdjie beoefen, gebruik om goedkoop rekenaarbeheerde projekte te bou. Die standaard spannings is 5 volt Gelykstroom en bykans skadeloos. Aan die ander kant is die parallelle poort se stroombane oor die algemeen baie broos en kan maklik deur misbruik beskadig word.

[wysig] Verbindings

Parallelle poort hegstukke bestaan gewoonlik uit 25 penne, waarvan die meeste gebruik word en bring daarom mee dat die kabels nogal dik is. Hierdie kabels se lengte is ook beperk tot 'n maksimum van 3-8 meter, afhangende van die spesifieke poort- en kabeleienskappe. Al bestaan verskeie standaarde vir parallelle poorte vandag, word daar nie altyd hieraan voldoen nie (veral by die ouer toestelle), wat dit dikwels moeilik maak om die regte kabel en aandrywerprogrammatuur in die hande te kry.

Parallelle poorte het vier soorte penne:

  • Data penne, gewoonlik 8, soms 16 en soms ook met 'n een vir 'n pariteitsbis. Hulle kan óf slegs eenrigting (vanaf die rekenaar na die drukker) of tweerigting wees.
  • Beheerpenne, word gebruik om beheerseine soos STROBE te stuur om aan te dui dat die data op die datapenne gereed is en R/W om aan te dui of tweerigtingpoore besig is om data te lees of te skryf.
  • Statuspenne, word gebruik om statusboodskappe soos BUSY te stuur om aan te dui dat 'n toestel nie gereed is om data te ontvang nie en ACK om die ontvangs van die simbool te erken.
  • Aardpenne, wat die stroombane vanaf die ander penne voltooi.

Die Universele Seriebuspoorte (USB) word deesdae meer gewild as parallelle poorte omdat USB dit makliker maak om meer as een toestel aan die rekenaar te verbind.

Voorbeelde van Parallelle poortstandaarde is as volg:

[wysig] Poortadresse

Tradisioneel ken IBM PR stelsels hul eerste twee parallelle poorte volgens die tabel hieronder toe.

POORTNAAM Onderbrekingslyn # Eerste I/O Laaste I/O
LPT1 IRQ 7 0x378 0x37f
LPT2 IRQ 5 0x278 0x27f

[wysig] Sien ook


[wysig] Verwysings

Axelson, Jan (2000). Parallel Port Complete. Lakeview Research. ISBN 0-9650819-1-5.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu