Punta del Este
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Punta del Este is die gewildste vakansieoord van Uruguay (Suid-Amerika), sowat 145 km oos van die hoofstad Montevideo, met 10 000 inwoners.
Teen die begin van die 19de eeu is die gebied van Punta del Este nog 'n half verlate streek wat net deur vissers en seemans aangedoen word.
Danksy die ligging op een skiereiland wat die waters van die Río de la Plata en die Atlantiese Oseaan van mekaar skei, met 40 km se wit strande, natuurparke en bosgebiede in die omgewing, ontwikkel Punta del Este tot een van die grootste en bekendste strandoorde in Suid-Amerika wat jaarliks honderdduisende binne- en buitelandse toeriste lok.
Punta del Este, met 'n stadshorison wat deur talle wolkekrabbers oorheers word, beskik oor 'n eersterangse infrastruktuur met twee lughawens, 'n jaghawe wat sowat 500 skepe kan akkomodeer, meer dan 100 hotelle en 80 restourante, kasino's, diskoteke en ander geriewe. Die belastingwetgewing van Uruguay het van die stad ook 'n internasionale finansiële sentrum gemaak, wat beleggers van dwarsoor die wêreld lok.
Punta Ballena, digby die stad, is 'n uitstekende uitkykplek om walvisse te sien. Die eilande Isla Gorriti en Isla de los Lobos is die tuiste van 'n groot kolonie seeleeus.