New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Sentrale verwerkingseenheid - Wikipedia

Sentrale verwerkingseenheid

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Intel 80486DX2 mikroverwerker in ‘n PGA keramiekpak
Intel 80486DX2 mikroverwerker in ‘n PGA keramiekpak

‘n Sentrale verwerkingseenheid (SVE) is die komponent in 'n digitale rekenaars wat instruksies en data in rekenaarprogramme vervat vertaal en verwerk SVEs verleen die fundamentele eienskap van programeerbaarheid aan rekenaars saam met primêre stoorgeheue en toevoer/afvoer fasiliteite. 'n SVE wat vervaardig word deur van geïntegreerde stroombane gebruik te maak staan ook as 'n mikroverwerker bekend. Sedert die middel sewentigs het enkelskyf mikroverwerkers byna alle ander soorte SVE's vervang.

Die vorm, ontwerp en implementering van SVE's het dramaties verander sedert die vroegste voorbeelde maar hul fundamentele bedryf is basies nog dieselfde.

Vroë SVE's was pasgemaakte dele van 'n groter en gewoonlik unieke rekenaar. Pasgemaakte SVE's word deesdae min gebruik en word gestandardiseerde veeldoelige verwerkers eerder gebruik. Hierdie neiging tot standardisasie het reeds begin in die tydperk van transistor hoofraam- en minirekenaars en het vinnig versnel vandat geïntegreerde stroombane bekend gestel is.

[wysig] Geskiedenis

EDVAC, een van die eerste rekenaars met elektronies gestoorde programme.
EDVAC, een van die eerste rekenaars met elektronies gestoorde programme.

Die eerste rekenaars soos ENIAC moes fisies herbedraad word om verskillende take uit te voer. Hierdie masjiene is dikwels na verwys as vaste-program rekenaars, aangesien hulle fisies heropgestel moes word om 'n ander program te kon uitvoer. Sedertien word die begrip SVE gebruik om te verwys na 'n toestel vir die uitvoer van programmatuur. Die vroegste toestelle wat met reg SVE's genoem kon word, kon eers aangetref word in die eerste rekenaars met gestoorde programme.

Die idee van 'n gestoorde-program rekenaar was reeds teenwoordig in die ENIAC se ontwerp, maar is aanvanklik uitgelaat sodat die masjien vroeër klaargemaak kon word. Op 30 Junie 1945 selfs voordat ENIAC voltooi was, het John von Neumann 'n konsepverslag versprei oor die EDVAC. Daarin het hy die ontwerp van 'n gestoorde-program rekenaar se ontwerp uitgelê wat toe uiteindelik in Augustus van 1949 voltooi is. EDVAC is ontwerp om 'n verskeidenheid soorte instruksies (of verwerkinge) uit te voer. Hierdie instruksies kon gekombineer word om nuttige programme te vorm. 'n Uitstaande eienskap van die ontwerp was dat die programme wat vir EDVAC geskryf was, in hoēspoed rekenaargeheue gestoor was eerder as om die bedrading van die rekenaar aan te pas. Hierdie eienskap het die ernstige beperking van die ENIAC oorkom, wat meegebring dat baie inspanning geverg is om die rekenaar her op te stel sodaat dit ander take kon uitvoer. Met Von Neuman se ontwerp, kon die programmatuur wat EDVAC uitgevoer het, eenvoudig verander word deur die inhoud van die rekenaargeheue aan te pas.[1]

Al word Von Neumann dikwels krediet gegee vir die ontwerp van die gestoorde-program rekenaar is dit belangrik om te onthou dat andere, soos Konrad Zuse, reeds voor hom soortgelyke idees geopper het. Verder het die Harvard-argitektuur van die Harvard Mark I wat voor EDVAC voltooi is, ook 'n gestoorde-program benut al was die program op papier ponsriem gestoor eerder as in elektroniese geheue. Die sleutelverskil tussen die Von Neumann en Harvard-argitektuur was dat laasgenoemde die stoor en verwerking van SVE-instruksies en data geskei het, terwyl eersgenoemde dieselfde geheuespasie vir beide gebruik het. Die meeste moderne SVE's word hoofsaaklik volgens Von Neumann se stelsel ontwerp, maar bevat ook elemente van die Harvard-argitektuur.

SVE's is digitale toestelle wat slegs met diskrete toestande werk en vereis daarom skakelelemente om tussen hierdie toestande te kan onderskei. Voor die kommersiële aanvaarding van die transistor is elektriese wisselaars en vakuumbuise algemeen gebruik as skakelelemente. Al het hierdie elemente besliste voordele bo vroeëre suiwer meganiese ontwerpe gehad was hulle om verskeie redes onbetroubaar en was die vroeëre elektroniese rekenaars oor die algemeen minder betroubaar as elektromeganiese rekenaars al was hulle baie vinniger. Vakuumbuisrekenaars soos EDVAC was geneig om net ongeveer agt uur lank te werk voor hulle gefaal het en weer moes herstel word, terwyl die elektromeganiese masjiene soos die Harvard Mark I baie selde gefaal het. Uiteindelik het vakuumbuis gebaseerde rekenaars egter die oorhand gekry omdat die spoedvoordele die betroubaarheidsprobleme ver oorskry het. Die klokfrekwensie van hierdie vroë sinkrone SVE's was egter baie laag in vergelyking met vandag se moderne rekenaars. Klokseinfrekwensies wat gewissel het tussen 100 kHz tot 4 MHz was algemeen op die stadium en was hoofsaaklik beperk tot die skakelspoed van die komponente waarmee hulle gebou is.

[wysig] Diskrete transistor en Geïntegreerde stroombaan SVE's

SVE, Kerngeheue en eksterne bus koppelvlak van 'n MSI PDP-8/I.
SVE, Kerngeheue en eksterne bus koppelvlak van 'n MSI PDP-8/I.

Die kompleksiteit van SVE-ontwerpe het toegeneem soos wat verskeie nuwe tegnologieë dit moontlik gemaak het om kleiner en meer betroubare elektroniese toestelle te bou. Die eerste sodanige verbetering het plaasgevind met die aankoms van die transistor. Transistor SVE's het dit moontlik gemaak om betroubare SVE's op een of verskeie gedrukte stroombaanborde met diskrete komponente daarop te bou. Die volgende groot ontwikkeling was die geïntegreerde stroombaan wat dit moontlik gemaak het om 'n groot aantal transistors op 'n enkele halfgeleier gebaseerde skyf te vervaardig. Eers was dit slegs moontlik om baie basiese nie-gespesialiseerde digitale stroombane soos NOR-hekke te vervaardig. SVE's wat uit sulke boublokke saamgestel was, word na verwys as kleinskaalse integrasietoestelle. Kleinskaalse geïntegreerde stroombane soos dié wat in die Apollo begeleidingsrekenaars gebruik is, het bestaan uit resistors wat in meervoude van tien getel kon word. Om 'n volle SVE uit kleinskaal geïntegreerde stroombane te bou het steeds duisende indiwiduele skyfies geverg maar was nogtans 'n groot sprong bo die transistor gebaseerde SVE's in terme van die kragverbruik en spasieverbruik. Tegnologiese vordering in die vervaardiging van geïntegreerde stroombane het daartoe gelei dat honderde en later duisende transistors (Mediumskaal- en grootskaalse integrasie) op 'n enkele silikonskyf geplaas kon word en meegebring dat die aantal geïntegreerde stroombane (GS) wat benodig was om 'n SVE te bou verminder kon word.

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu