Wikipedia:Styl
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die styl van Wikipedia is juis om ensiklopedies van aard te wees. Dus word vol sinne, keurige en formele taal gebruik vir artikels. Wat spelling en skryfwyses betref, word die riglyne van die AWS gebruik sover as moontlik.
Inhoud |
[wysig] Artikeluitleg
Poog altyd om in die eerste sin (of twee, as dit moet) kortliks te sê wat die kernsaak is van die woord, persoon, datum, of saak. Meer oorsigtelike inhoud in die res van die inleiding is waarskynlik die geskikste. Gebruik verkieslik die naam van die artikel in vetdruk in die eerste sin. Gebruik altyd volsinne eerder as inskrywings wat soos woordeboekinskywings lyk. Alhoewel die artikel se titel waarskynlik 'n enkelvoudvorm aanneem, kan die titel gerus verbuig word om gemaklik in die sin in te pas. Noem gerus ook alternatiewe spellings of skryfwyse (hierdie is ook gepas in 'n ander alfabet, soos Arabies).
Gebruik afdelings om inligting te orden, waar dit moontlik en sinvol is. 'n Geskiedenis-afdeling kan dalk eerder kom, met "Sien ook", "Bronnelys" en "Eksterne skakels" gewoonlik aan die einde. Plaas die kategorie-inligting en interwiki-skakels reg aan die einde van die dokument.
Onthou om altyd u bronne aan te haal.
[wysig] Syfers
Gebruik die desimale komma ",", duisende word gegroepeer met spasies " ": "2 801,256", "-25 830,1". Om seker te maak dat 'n lynbreuk nie by só 'n duisende-breuk plaasvind nie, gebruik " " (sonder die aanhalingstekens). Die "nbsp" staan vir non-breaking space (wat dit dalk makliker maak om te onthou). Vir eerste bogenoemde voorbeeld tik mens dus:
2 801,256
Hierdie karakter is ook beskikbaar in die lys van spesiale karakters onder die redigeerarea. Deur daarop te klik behoort dit ook in die redigeervenster te verskyn.
[wysig] Datums
Alhoewel die RFC 3339-formaat (jjjj-MM-dd) algemeen in Suid-Afrika as kort datumformaat gebruik word, is dit nie sinvol in ensiklopediesgeskrewe teks nie. Ons gebruik dus voluitgeskrewe datums, bv. 1 Junie 2001. Let wel, nie alle bladsye is al in hierdie formaat nie. Daar is bladsye in twee ander formate wat nog in sekere gevalle bygewerk moet word. Sien gerus Lys van historiese herdenkings. Die jjjj-MM-dd-formaat kan moontlik geskik wees vir lang lyste datums, maar elke geval sal apart oorweeg moet word.