Tweeling, Vrystaat
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die dorp Tweeling in die Oos-Vrystaat is tussen Reitz en Frankfort geleƫ. Die Liebenbergsvleirivier wat water vanaf die Lesotho-Hoogland skema na die Vaaldam herlei, loop naby die dorp verby. Tweeling is in 1918 gestig en sy naam verwys na twee eenderste koppies in die area.