Willie van der Merwe
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Willem Lodewikus van der Merwe is op 20 Oktober 1957 gebore en is 'n Afrikaanse filosoof.
Hy het in 1975 by die Universiteit van Stellenbosch in teologie en filosofie studeer en het in 1990 sy doktorsgraad in filosofie behaal. Na sy studies was hy kapelaan (met die rang van Luitenant) in die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW).
In 1987 is hy as lektor aan die Universiteit van Stellenbosch aangestel. Hy was van Junie 1995 tot 1996 besoekende navorser en professor aan die Instituut van Filosofie aan die Katholieke Universiteit van Leuven in België. In 1998 is hy tot professor in filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch bevorder en het van 2000 tot 2003 as departementele voorsitter gedien. Hy het verskeie artikels oor taalfilosofie, godsdiens- en kultuurfilosofie geskryf.
Willie van der Merwe is getroud met Lettie Conradie van der Merwe (née Visser). Hulle het 'n seun en dogter en woon in Stellenbosch.
[wysig] Werke
- 1990. Metafoor: 'n Filosofiese Perspektief. Bloemfontein, VCHO (Wetenskaplike studiereeks 11).