31 Januarie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
31 Januarie is die 31ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 334 dae in die res van die jaar (335 in skrikkeljare).
Sjabloon:JanuarieKalender2007
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1606 - Guy Fawkes word tereggestel vir sy aandeel in die Gunpowder Plot teen die Englelse Parlement en Koning James I.
- 1876 - Die VSA beveel alle Inheemse Amerikaners om na reservate te trek.
- 1946 - In Joegoslawië, stel 'n nuwe grondwet die ses republieke waaruit dit bestaan daar: Bosnië en Herzegovina, Kroasië, Macedonië, Montenegro, Serwië en Slowenië.
- 1961 - Aanboord Mercury-Redstone 2 word Ham die Sjimpansee die eerste mensagtige wese in die buitenste ruimte.