Wikipedia:Gebruikersportaal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Welkom by die portaal van die Afrikaanse Wikipediagemeenskap.
Die Afrikaanse Wikipedia bevat nou 6 728 artikels. In 2005 het die Afrikaanse Wikipedia gegroei van ongeveer 3300 artikels na 4440. In 2006 word eers 5000 artikels op 24 Maart bereik en 6000 op 5 Desember. In 2005 het die aantal woorde meer as verdubbel van 354 000 tot 887 000. Die wikipedia het 139 geregistreerde gebruikers wat teen einde Oktober 2006 'n bydrae gemaak het. In 2005 was daar 10 tot 24 gebruikers per maand aktief, en was daar gemiddeld 5 baie aktiewe gebruikers wat 100 of meer veranderinge per maand gemaak het (met 9 as die meeste). In die eerste tien maande van 2006 het die getal aktiewe gebruikers gestyg na 23 tot 29; en was daar gemiddeld 7 baie aktiewe gebruikers. Meer statistiek is beskikbaar in tabel of grafiese vorm.