Arcadia, Pretoria
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Arcadia is 'n voorstad in Pretoria, Suid-Afrika. Dit is oos van die stadskern geleë met Beatrixstraat wat die westelike grens met Pretoria Middestad vorm, Kerkstraat die noordelike grens, Hillstraat die Oostelike grens met Hatfield en Parkstraat die suidelike grens met Sunnyside
Arcadia is die oudste voorstad van Pretoria en is in 1889 by Pretoria ingelyf. Arcadia is bekend vir die historiese geboue, ambasades en hotelle. Die Uniegebou is op die grens van die voorstad geleë. Pretoria het die tweede meeste ambassades ter wêreld, na Washington, D.C., waarvan meeste in of naby Arcadia geleë is.
Kerkstraat, die eenrigting strate Pretorius- en Schoemanstraat en Parkstraat loop in Oos-Wes rigting deur die voorstad. Landmerke in Arcadia sluit in die Pretoriase Kunsmuseum in Parkstraat, die Gerard Moerdyk Restaurant, in 'n gebou wat deur Gerard Moerdijk ontwerp is, en Venningpark.