Beira
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Beira is 'n seehawe en die hoofstad van Mosambiek se Sofala-provinsie aan die mond van die Buzi en Pungué, 725 km Noord-Noordoos van die hoofstad Maputo. Beira is die land se vernaamste hawe.
Die Portugese het Beira in 1506 beset en die stad bly tot onafhanklikheidwording van die land op 25 Junie 1975 die tuiste van 'n Portugese bevolking van sowat 15 000, van wie die meeste die land in daardie jaar verlaat het. Die geskatte bevolking is tans 520 000.