Bespreking:Boeddhisme
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Dukkha in Afrikaans - deur Werner Reyneke
Ek is besig met die vertaling van 'n Engelse verhandeling oor Buddhisme (dit is 'n opsomming van die oorsronklike Pali tekste), wat binnekort op 'n ander webwerf beskikbaar sal wees. Ek behou ook die reg om die vertaling enige ander plek te versprei, so wanneer dit klaar is sal ek dit dan ook hier publiseer. Kan enige iemand dalk met 'n voorstel kom vir 'n gepaste Afrikaanse woord vir die term: Dukkha?
- Dankie Werner, dit is goeie nuus. Ek is nie bekend met die Boeddhismeterminologie nie, maar as ek reg onthou word 'n hele paar van die terme wel vervat in die jongste AWS - ek het ongelukkig nie nou myne by my nie. Hoop dit help! --Alias 12:58, 14 Desember 2005 (UTC)
Baie dankie, Alias, vir jou reaksie. Die probleem is dat Dukkha nie bloot 'n woord is nie, maar dat dit soveel meer omvattend is. Ek sien dat die Engelse vertaling neerkom op "Suffering" of "Anguish". So as mens nou die term "Dukkha" eers na Engels vertaal en dan 'n Afrikaanse weergawe daarvandaan aandurf, eindig 'n mens met "lyding" of "angst". Hoe klink dit vir jou? --Wreyneke 15:21, 14 Desember 2005 (UTC)