Casamance
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Casamance is die gebied van Senegal suid van Gambië insluitend die Casamancerivier. Dit bestaan uit Basse Casamance (Ziguinchor Region) en Haute Casamance (Kolda Region). Ziguinchor is die gebied se grootste dorp.
Laagliggend en warm, met heuwels in die suidooste, die ekonomie van Casamance maak hoofsaaklik staat op rysverbouing en toerisme. Dit het uitstekende strande aan die kus, veral by Cap Skirring.
Die Diola is die dominante etniese groep in Casamance. Hulle ekonomies agtergeblewe is in vergelyking met die hele Senegal. Die gebied se ekonomiese teostand het bygedra tor 'n separatiste bewegingten gunste van onafhanklikheid of selfbestuur van Casamance, Movement of Democratic Forces of Casamance (MFDC). Die Casamance-Konflik het al by tye in die laaste paar dekades van die 20ste eeu gelei tot geweldadige konfrontasies met Senegalese magte en sterftes .
Casamance was die onderwerp van beide Franse en Portugese koloniale befrywighede voor 'n grens omnderhandel is tussen die Franse kolonie Senegal en Portugees-Guinee (nou Guinee-Bissau) in die suide.
Casamance het 'n hoër gemiddelde reënval as die res van Senegal.
[wysig] Eksterne skakels
- Casamance.net (in Frans)