Christopher Marlowe
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Christopher ("Kit") Marlowe (gedoop 26 Februarie 1564 – 30 Mei 1593) was 'n Engelse dramaturg, digter en vertaler. Hy was een van die voornaamste skrywers van tragedies voor die koms van William Shakespeare en is bekend vir sy uitstekende vrye versies (versies sonder rym), sy oordrywende hoofkarakters en sy eie ontydige dood.