Cradock
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die dorp Cradock in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap lê in een van die land se belangrikste skaapteeltgebiede, die Visriviervallei. Die omgewing is uiters geskik vir die landbou en lewer danksy 'n milde klimaat en genoegsame reënval onder meer lusern en melkprodukte op.
Cradock word na die grensoorlog van die jaar 1812 deur Sir John Cradock gestig en dien as 'n militêre voorpos van die oostelike Kaapkolonie.
Die Nederduits-Gereformeerde Kerk van Cradock is 'n namaaksel van St. Martins-in-the-Fields in Londen. Ander besienswaardighede is die Karoo Mineral Spa en die Karootuin met 'n groot aantal inheemse vetplante.