Ensiklopedis
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die histories-filosofiese vakterm ensiklopedis verwys in die besonder na die uitgewers van die Franse Encyclopédie ou Dictionnaire raisonné des sciences, des arts et des métiers (33 boekdele, wat tussen 1751 en 1772 verskyn; tussen 1781 en 1832 uitgebrei tot 166 boekdele), wat onder die leiding van Denis Diderot (1713-1784) en Jean Baptiste le Rond d'Alembert (1717-1783) die volledige kennis van hulle tydperk in een ensiklopedie probeer saamvat. Onder die mederwerkers is bekendes soos Jean-Jacques Rousseau (1712-1778), Voltaire (1694-1778), Paul Heinrich Dietrich Baron Holbach (1723-1789), Charles de Montesquieu (1689-1755), Étienne de Condillac (1715-1780) en ander.
Aangesien die uitgewers van die gedagtes en die empirie van die verligting besiel word, die rede as alleenlike grondslag van hulle ensiklopedie volg en tegelykertyd teen die gesag van die absolutistiese staat, die kerk en die tradisionele wetenskap van hulle tyd optree, word die term ensiklopedis ook algemeen gebruik om na die destydse voordenkers van die rasionalisme en filosofiese materialisme te verwys, al werk hulle nie self by die ensiklopedie mee nie.