Era (musiekprojek)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Era is 'n musiekprojek van die Franse musikant Eric Levi, wat dikwels gebruik maak van Gregoriaanse gesange in 'n kunsmatige taal, wat nou verwant is aan Latyn. Die musiek behoort tot die Nuwe Era-genre en vergelyk baie goed met dié van soortgelyke projekte soos Enigma en Deep Forest.
Era vermeng sy Nuwe Era-klanke met die tipiese kitaarsolos van rockmusiek. Die CD-langspelers van Era het in Europa blitsverkopers geword, en daar is ook 'n SACD/CD-hibriedalbum met 'n DVD-Video vrygestel, wat die gunsteling-videosnitte van Era bevat.