Ermelo, Nederland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ermelo (in die streektaal Nedersaksies: Armel) is 'n gemeente in die Nederlandse provinsie Gelderland. Die gemeente het 26 355 inwoners (2006) en 'n oppervlak van 87,40 km² (waarvan 1,80 km² water).
[wysig] Geskiedenis
Ermelo bestaan al vanaf 855. Vir 'n lang tyd bestaan dit net uit plase, enkele geboue 'n windmeul en 'n kerk. Die dorp was relatief stil tot in die 19e eeu - in 1830 word daar 'n pad en 'n treinstasie gebou. In 1973 word Ermelo 'n selfstandige gemeente nadat dit voorheen deel was van die gemeente Nunspeet.
[wysig] Sommige voorstede
De Beek, Drie, Horst, Houtdorp, Leuvenum, Speuld, Staverden, Telgt en Tonsel.
[wysig] Eksterne skakel
- Webwerf van die gemeente (in Nederlands)