Esdoringsuiker
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Esdoringsuiker word uit die sap van die esdoringbom verkry. Die sap word gekook totdat al die water verdamp het en net suiwer suiker oorbly, wat gewoonlik in blokkies of as deurskynende kandy aangebied word. Die metode vereis groot vaardigheid, aangesien die suiker vinnig kan verbrand.
Esdoringsuiker is al lank die gwewildste suiker by die Eerste Nasies, omdat dit maklik gestoor kan word. Vandag word dit gebruik om 'n aantal esdoringprodukte hulle tipiese geur te gee. Dit is twee keer so soet as gewone suiker.