Familie (biologie)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wetenskaplike klassifikasie: |
---|
![]() |
Domein |
![]() |
Koninkryk |
![]() |
Phylum |
![]() |
Klas |
![]() |
Orde |
![]() |
Familie |
![]() |
Genus |
![]() |
Spesie |
Familie (Latyn: familia, meervoud familiae) is 'n rangorde in die taksonomie, oftewel wetenskaplike klassifikasie, tussen orde en genus. Die 'familie' is die mees belangrikte rangorde in die klassifikasie, naas 'spesie' en 'genus'.
[wysig] Geskiedenis van die woord
Familie is redelik onlangs eers begin gebruik in die klassifikasie. Die Franse plantkundige Pierre Magnol het die Latynse woord vir die eerste keer gebruik in die konteks, in 1689, toe hy 76 groepe plante as families opgedeel het. Carolus Linnaeus het 62 jaar later ook die Latynse woord gebruik om hoofgroepe plante te onderskei: bome, kruie, varings, palmbome ensovoorts. Die woord in sy moderne betekenis, as 'n rangorde tussen orde en genus, is vir die eerste keer deur Pierre André Latreille gebruik, in 1796, as deel van sy klassifikasiesisteem vir die insekte.
Dit is eers gereeld begin gebruik in hierdie betekenis vir die afgelope honderd jaar.
[wysig] Agtervoegsels van die familie
In die taksonomie-sisteem het die familiewoord in Latyn tipiese agtervoegsels, om dit te kan onderskei as 'n familie-verwante woord. Dit is as volg:
- plante: -aceae
- alge: -aceae
- swamme: -aceae; en
- diere: -idae
[wysig] Bron
Vertaal vanaf die artikel Family (biology) op die Engelse Wikipedia, en vanaf eie kennis.