Federasietoring
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Federasietoring (Russies: Федерация; Federatsieja) is 'n wolkekrabber wat sedert 2004 in die Russiese hoofstad Moskou in die stadsdeel Moscow City gebou word. Die geboukompleks bestaan uit twee torings, waarvan die eerste 'n hoogte van 354 meter sal bereik (met antennemas 448 meter) en 93 verdiepings sal tel en die tweede 'n hoogte van 242 meter met 62 verdiepings. Die kompleks sal in 2008 voltooi word sal dan die hoogste gebou in Europa wees. Dit sal byna 90 meter hoër as die Moskouse Triomfpaleis (ook bekend as die 8ste van die Sewe Susters) wees.
Die argitekte van die gebou is die Russies gebore Duitser Sergei Tchoban en die Duitser Peter Paul Schweger. Die toring word deur die Miraks Groep opgerig.
Die boukoste bedra sowat 390 miljoen Euro. Die Russiese bank VTB (voorheen Vnesjtorgbank) sal 30 verdiepings van die gebou gebruik. Die bank finansier 50% van die projek. 'n Groot deel van die gebou word ook vir die Grand Hyatt Moscow gereserveer. Die gebou sal verder in beide boonste verdiepings restaurants, 'n uitsigplatform en 'n gimnasium met 'n swembad huisves.