Filata
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die vakterm Filata (afgelei van Italiaans filare "uitmekaar trek") verwys na 'n spesiale kaasmaakmetode, wat oorspronklik in Italië ontwikkel is.
Pasta-Filata-kaas word van wrongel gemaak, wat eers 'n tyd lank moet rus en daarna uit die wei geneem en met warm water (teen 80 °C) oorgiet word. Die massa word vervolgens geroer, geknie en uitmekaar getrek om 'n sagte en vormbare deeg te verkry. Hiervan word klein stukkies afgesny en tot bolle gevorm. Nadat hulle in koue water afgekoel is, word die kaasbolletjies in pekel of wei geplaas. Hoe langer die kaas in die pekel lê, hoe meer word hy gesout.
Die kaas word vars verkoop of verder verwerk (meestal gedroog of gerook).
Tipiese filata-kaassoorte sluit byvoorbeeld in:
- Bocconcini (oorsprong: Kanada)
- Caciotta
- Caciocavallo
- Fior di Latte (oorsprong: Kanada)
- Girellone, Girellone farcito
- Mozzarella (oorsprong: Italië)
- Buffelmelk-mozzarella (oorsprong: Italië)
- Perette bianche, Perette affumicate, Perette filoncini (oorsprong: Sardinië (Italië))
- Provolone (oorsprong: Italië, Kanada)
- Ragusano
- Scamorza (oorsprong: Italië)
- Tenerella
- Trecce (oorsprong: Kanada)